21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 5 VAN 21

Skep Ruimte

Ons vertel onsself (ons hart en siel) dat ons lewe wel eendag stadiger sal verloop. Na die vakansie. Nadat ons kinders uit die skool is. Nadat ons die groot projek by die werk voltooi het. Ons neem aan dat ons wel een of ander tyd ruimte sal skep om 'n blaaskans te vat. Groen tee uit ons gunsteling beker te drink. Ons maak planne om op die rusbank op te krul en by die venster uit te kyk. Die lewe het egter 'n manier om ons te oortuig dat alles dringend is. Alles is NOU DADELIK belangrik. Ons druk soveel goeie dinge as moontlik in een dag in, ten spyte van al die ander dinge wat ons moet doen. Soos om na jou baas te luister, die kinders kos te gee en te bad. Ons dagboek lyk of ons alles haarfyn beplan. Ons doen dit ook.

Daar is noodwendig tye wat besiger is as ander, maar ons moet ruimte skep in ons lewens. Ons kan nie op 'n leë tenk funksioneer nie. Ons moet tot stilstand kom. Dinge bepeins. Diep asem haal. Voldoende slaap. Selfs "nee" sê vir party goeie goed, om sodoende plek te maak vir iets beter. Wanneer ons ruimte skep, tye wanneer niks beplan is nie, is dit moontlik om onsself te versorg. Ons erken dat ons perke het. Ons is nie te alle tye bevoeg of wonderlik nie. Ons is sterflike vroue wat perke nodig het om ons lewens in beheer te hou. Die idee van 'n gebalanseerde lewe is dalk nie moontlik nie, maar met genade kan ons met Christus, ons gesin, ander mense, ons werk en onsself kontak behou. Dis nou tyd om uit te vind hoe dit vir jou moontlik gaan wees.

Baie van ons is só besig om vir almal en alles te sorg, dat ons onsself afskeep. Wanneer ons perke stel kan ons in die vreugde van God wandel. In die tye wanneer ons stil word, kan ons weer ons tenke volmaak vir die dae wat voorlê. My alleentyd gebruik ek om goeie boeke te lees. Ek geniet dit. Ek bereik dalk nie iets meetbaar nie, maar dis goed vir my siel. Die lewe handel nie oor wat ons bereik nie, maar watter mens ons word. Rustye skep ruimte vir groei, asem skep en lewe.

Ons siele, harte en krag vind baat daarby as ons weier om elke sekonde van die dag of maand haarfyn te beplan. Wanneer ander na ons lewens kyk, sal hulle die balans tussen rus en werk sien, in harmonie met ons Koning Jesus. Wanneer ons Jesus volg, hou ons op om agter die wêreld aan te hardloop. Ons gaan na Hom vir ons volgende besluite, afsprake en rustyd.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting