21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 4 VAN 21

Kies Vreugde

Vreugde maak die verskil in die lewe van 'n gelowige vrou. Dit is 'n bewys dat God in haar aan die werk is. Vreugde ignoreer nie die tragedies of beproewinge van die lewe nie. Dit sit nie 'n vals glimlig op jou gesig nie. Dis nie 'n verbygaande gevoel nie, maar 'n bevestiging van liefde en hoop. Dis die één ding wat ons vir seker weet: God is ons Helper en ons Verlosser. Wanneer jy tragedie en vreugde in dieselfde asem noem, is dit 'n uitnodiging vir herstel. Vir vandag en vir môre. Ons is gebore om vreugde diep in ons wese te koester.

Jakobus 1 nooi ons om bly te wees — selfs opgewonde — wanneer ons in allerhande beproewings beland. Ons vind vreugde in die alledaagse lewe, die onvoorspelbare tye en die onvoorsiene kinkel in die kabel, wanneer ons onthou dat hierdie wêreld nie ons finale tuiste is nie en dat liefde die finale sê het. Dis nie nodig dat ons lewe sonder moeilikhede is sodat ons vreugde kan ervaar nie, maar ons moet verkieslik enige goeie geskenk geniet wat ons in donker tye ontvang.

Ons vertrou op Hom en het Hom lief, al kan ons Hom nie sien nie. Wat is die uitkoms? Nie 'n blindelingse geloof nie, maar 'n oorvloedige, onuitspreekbare vreugde. Ons juig oor wie Hy is en wat Hy gedoen het. Ons ontken nie die swaarkry nie, maar behou die vreugde van die Here. Dis ons krag en redding.

Vreugde word nie gebore in die realiteite van ons omstandighede nie. Dit is gewortel in die waarheid van die hemel. Die waarheid van God se oppermag en goedheid. Ons noem al die redes op hoekom die lewe ons 'n dwarshou gegee het, of ons vind vreugde daarin — in elke beproewing en swaarkry. Ons is vreugdevol omdat God niks daarvan as verlore ag nie — nie een ding nie.

Vreugde is 'n geskenk. Dis 'n geskenk wat volop is in goeie tye, maar die kosbaarste en waardevolste in moeilike tye. Die geskenk is nie net vir onsself nie, maar ook vir die mense om ons. Dit nooi ander uit om na Jesus te kom en sy liefde en genade te ervaar — om sy reddende genade te beleef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting