21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 3 VAN 21

Verruil Vrees vir Moed

Vrees kap sy kloue diep in en skok jou tot in jou binneste. Dit takel jou af en beïnvloed jou hart, denke, liggaam en siel. Vrees laat jou afgesonderd voel en om gedurig op jou hoede te wees. Vrees probeer om ons moed te steel. Vrees oortuig ons dat die slegste dinge in die lewe ons gaan verwoes.

Die heiliges van Israel was bekend met vrees. In Deuteronomium 31 gee Moses vir Josua opdrag om "moed te hou en dapper te wees", omdat hy die vyand geken het en bewus was van die baie struikelblokke. Moses het geweet dat Josua 'n spesifieke herinnering nodig gehad het dat God groter was as sy vrese. God was groter as enige vyandige weermag. God was tot Josua se beskikking en Hy is beskikbaar vir ons. Moses het vir Josua verseker dat God 'n konstante metgesel was wat in staat was om vrees met moed te vervang. Hy moes net op die Vader vertrou.

Ons beveg vrees met lofprysing. Ons moet onsself daaraan toewy om op die Vader te vertrou as vrees ons harte aangryp. Wanneer ons God prys, ten spyte van ons vrese, maak ons nie op ons eie krag staat om deur die tye van vrees te gaan nie, maar ons maak staat op die magtige hand van God. Ongeag of die vrees rasioneel of irrasioneel is, dis net die waarheid wat ons gewortel sal hou.

Om in 'n bose kringloop van vrees te leef, beroof ons van ons geloof. Ons loop die avontuurlike, waaghalsige, uitdagende lewe mis wat die Here ons wil laat beleef. Ons hoef nie verskoning te maak vir die moed wat ons kry as ons op Jesus vertrou nie.

Bid dat Christus jou 'n nuwe perspektief en beskerming teen vrese sal gee, ongeag hoe klein of groot dit is. Dink na oor Deuteronomium 31:6-8 en wandel, net soos Josua, in die krag en mag van daardie woorde. Laat toe dat dit jou hart en denke met vrede en moed vul. Vertrou dat God altyd goed is. Hierdie lewe is nie maklik nie, maar Hy is getrou, ongeag wat oor jou pad kom. Mag jy elke dag van jou lewe sy rigting en getrouheid ervaar.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting