21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Vergewe
Ons kry 'n vals gewaarwording van mag as ons vergifnis weerhou. 'n Vals gewaarwording van mag is trots wat ons mislei. Ons maak verskonings hoekom ons nooit die mense kan vergewe wat ons verontreg het nie. As dít gebeur, word ons siele nie gevoed met vars genade nie, dit verdroog. Ons dink ons het die reg om vergifnis te weerhou, maar ons harte word vol bitter gevoelens in plaas van Jesus se liefde. Ons kom in pas met die Vader se weë as ons ander vergewe vir wat hulle aan ons gedoen het. Dit maak nie saak of ons dink dat hulle dit verdien of nie. Vergifnis is 'n kragtige wapen in die hande van 'n persoon met 'n rein hart. 'n Hart wat genesing en groei begeer. Vergifnis is 'n spieëlbeeld van Jesus se hart.
Ons is vir baie dinge vergewe. In Jesaja 1 sien ons hoe aan Israel, wat teen God gesondig het, 'n bietjie genade betoon word as hulle gewillig is om hulle vernietigende maniere te laat gaan en "die saak uit te maak" toe hulle kies om vergifnis te aanvaar waarvoor hulle nooit kon werk nie. Dis was 'n geskenk wat net God kon gee. Dieselfde geld vir ons. Ons kan nie ons vergifnis verdien nie. Ons kan net vra. Net 'n heilige God kan dit gee.
Wanneer ons Jesus se vergifnis aanvaar, en dit by ander soek, groei ons nader aan mekaar in eensgesindheid en gemeenskap. Dit gee ons 'n goeie herinnering van hoeveel ons Jesus — en mekaar — nodig het.
In Markus 11 sien ons hoe ernstig Jesus die daad van vergifnis opneem. Hy het met die Joodse skare gepraat en verduidelik hoe dit nie aanvaarbaar was om te bid sonder dat jy iemand vergewe het wat jou seergemaak het nie. Ons vergewe op dieselfde manier waarmee ons vergewe wil word. Wanneer ons vergewe, skuif ons nie die pyn en verraad wat plaasgevind het op die agtergrond nie. Ons oorhandig die oortreding aan 'n God wat bekend is met pyn en verraad. Vergifnis verklaar dat genade groter is as bitterheid en gegriefdheid. Dit gee geen mag aan die oortreder nie. Dit maak ons vry.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More