'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld
Dag 9
Wanneer ons die verhaal van Maria en die verwekking van Jesus hoor, kan dit baie surrealisties klink en moeilik wees om te begryp. Dit vereis geloof, want dit is nie ons eerste impuls om in iets soos swangerskap deur die werk van die Heilige Gees te glo nie! Wat egter van Josef? Hy moes sekerlik verraai, verlore en seergemaak gevoel het omdat sy toekomstige bruid oënskynlik ontrou was. Die afwagting en opgewondenheid in die aanloop tot hul huwelik is gedemp deur die nuus dat sy 'n kind verwag.
Josef het reeds probeer edel optree deur eerbaar en stilweg die verlowing met Maria te verbreek. In hierdie tyd het die Joodse wet bepaal dat, as Maria ontrou was — wat destyds aanvaar is — sy daaraan onderworpe sou wees om voor die godsdienstige leiers gebring te word om veroordeel en gestenig te word. Omdat Josef 'n regverdige man was, het hy probeer om vir Maria daarteen te beskerm dat sy onteer word. Alhoewel hy edel in hierdie situasie sou opgetree het, kon dit nie die hartseer en verwarring verander wat hy ervaar het nie.
Daarna het alles een aand verander. 'n Engel het in 'n droom aan hom verskyn en bevestig dat wat Jesaja 700 jaar tevore geprofeteer het, uiteindelik sou gebeur: 'n Maagd gaan geboorte skenk aan ons Immanuel, God by ons. Daarna het hy die geloof en vrymoedigheid gehad het om in gehoorsaamheid te wandel en te voltooi wat God vir sy nuwe gesin in die vooruitsig gestel het.
Dit is geen geheim dat die lewe vol kinkels en draaie is nie. Niemand is immuun teen nuus wat die potensiaal het om ons heeltemal te skok, verrassings wat ons verpletter en interaksies wat alles in 'n oomblik verander nie. Soos met Josef, sal daar tye wees wanneer ons ons in situasies gaan bevind wat sinneloos blyk te wees. Iets wat selfs moeiliker is om te verduur, is dat ons soms nie die antwoorde en duidelikheid gaan kry wat Josef gekry het nie. Hierdie realiteite is alles die gevolg daarvan dat ons in 'n gebroke wêreld leef. Nogtans kan ons vashou aan wat ons weet waar is: God is goed, en Hy sal alles tot jou beswil en sy eer bewerk.
In plaas daarvan om toe te laat dat 'n verwarrende of pynlike situasie jou die pad laat byster raak, steun op die Heilige Gees en laat sy stem jou lei. Jy het die keuse om Hom te vertrou, al lyk dit onredelik. Weens Josef se gehoorsaamheid, was God in staat om buitengewoon en oorvloedig meer te doen as wat hy hom óóit kon voorstel. Wie sê Hy kan nie dieselfde met jou doen nie?
Aksiestap: Dink na oor 'n tyd toe jy alle hoop verloor het, maar God sy doel en heerlikheid aan jou geopenbaar het. Skryf 'n dankgebed vir sy voorsiening en onwrikbare karakter neer!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.
More