'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

DAG 19 VAN 19

Dag 19

Die meeste gesinne het belangrike oomblikke van sukses en triomf wat verweef is met die verhale van waarskuwing oor familielede wat misluk het of gesondig het. Die hoogtepunte inspireer en kan ons selfs intimideer, terwyl die laagtepunte ons skok en bevrees laat dat ons voor dieselfde kwessies sal swig as diegene wat reeds 'n oneerlike pad voor ons gebaan het.

Die geslagsregister van Jesus lyk so. Ons onderskei tussen mense wat 'n wonderlike standaard van getrouheid (soos Abraham) of moed (soos Rut) stel. Ons vind egter ook die wellus van Juda. Ons sien mense met gekompliseerde harte soos dié van Dawid, wat die bevel vir moord op 'n vriend gegee het, maar tog ook psalms en gebede geskryf het wat ons vandag nog gebruik. Dan kom Jesus op die toneel — heilig, onberispelik en vol waarheid. Skielik lyk die hoogtepunte in die geslag van hierdie familie na 'n geringe styging in die pad, en die laagtepunte bykans vergete onder die bedekking van genade. Dit is net hier waar ons begin leer hoe ons, soos die apostel Paulus gesê het, ons ons vorige kwessies moet beskou: "... ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry" (Filippense 3:8).

Matteus het sy evangelieverslag met die geslagsregister van Christus begin om te verduidelik hoekom en hoe Jesus inderdaad die Messias was. Vir die Jode het dit bewys gelewer van Jesus se aanspraak op heerskappy en die vervulling van profesie. Vir alle ander, het die insluiting van mense soos Ragab en Rut getoon dat hulle nie uit God se planne vir verlossing weggelaat was nie. Wat as jou verlede en die nalatenskap — goed of sleg — van dié voor jou iets was wat jy as bewys van God se genade gedemonstreer het?

Jesus het die mandaat van God aan Abram gehandhaaf om "voor my te wandel en onberispelik te wees." Geslagte het hierdie opdrag probeer nakom en misluk (sien Genesis 17:1). In Christus het hierdie verbond van die mensdom se kant af uiteindelik in vervulling gegaan. Dit is slegs op grond van verlossing en uit genade dat ons vandag hierin kan wandel — nie deur ons eie krag nie, maar deur sy opoffering vir ons. Hetsy jy positief of negatief dink aan dit wat jy by geboorte oorgeërf het, Jesus se geslagslyn herinner ons daaraan dat daar 'n plek vir ons almal in die familie van God is. Nie een van ons het toelating behalwe deur Christus nie. Jou nuwe nalatenskap is die genade en goedheid van Jesus!

Aksiestap: Terwyl jy die feestyd vier en 'n nuwe jaar binnegaan, onthou dat jy nou die Naam bo alle name dra — Jesus. Daar is geen verlede en geen DNS-volgorde wat die genade kan oorweldig wat God vir jou het nie! Hou aan om op jou geestelike erfenis te steun terwyl jy met jou lewe voortgaan.

Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://newlifechurch.tv