'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

DAG 16 VAN 19

Dag 16

In 1 Konings 17-19 word verskeie oomblikke beskryf toe God vir Elia gebruik het om wonderbaarlike voorsiening, genesing en oorwinning vir homself en ander te bring. Elia moes selfvertroue gehad het nadat hy hierdie wonderwerke beleef het, maar een boodskap van die goddelose koningin Isebel om Elia om die lewe bring, het hom die vlaktes ingestuur.

Hoe kan hierdie bedreiging van sy lewe sy beloning wees vir getroue gehoorsaamheid aan God? In plaas daarvan om in oorwinning te wandel, het hy uitgeput en bang gevoel.

Wanneer ons die feestyd nader, mag ons dalk angstig voel indien ons ongemaklike sosiale situasies of gespanne gesinsbyeenkomste verwag. Miskien probeer 'n kennis jou dikwels beskuldig, jou laat struikel of dreig jou selfs. Omdat die persoon dit altyd gedoen het, oorweeg jy hoe om hulle heeltemal te vermy of ten minste jou tyd saam met hulle te beperk sonder om die res van jou gesin aanstoot te gee.

Hoe kan ons onsself daarvoor voorberei?

Elia het 40 dae lank gevlug, totdat hy die berg Horeb bereik, desperaat gebid en gewag het om van God te hoor. Hy het God nie in die aardbewing, die wind of die vuur gehoor nie. Hy het God se stem in 'n sagte fluistering gehoor.

God skud ons nie fisiek rond om ons aandag te trek, oorweldig ons met sy krag, of vernietig ons in woede sonder om te dink nie. Nee, Hy wag totdat ons alles opsy sit om ons harte voor Hom stil te maak.

Soortgelyk aan wat Elia moes konfronteer, kan dít waarvoor ons te staan kom, emosioneel uitputtend en met angs deurtrek wees. God het egter geweet waarmee Elia te kampe het, en Hy weet ook wat jy moet trotseer.

Hy kan rigting en 'n plan van aksie gee, maar sy stem kom soos 'n sagte fluistering. Dit baat ons dus om stil genoeg te word om dit te hoor.

Aksiestap: Kan jy, soos Elia, eenkant toe stap en die stemme in jou kop stilmaak, hetsy angs, dreigemente of beskuldigings? Kan jy vir 'n oomblik asemhaal en die Here in jou ruimte innooi? Terwyl ons voorberei om die geboorte van ons Here Jesus te vier, vra Hom om vir jou te wys op watter manier jy lewe, liefde en hoop na jou gemeenskap kan bring!

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://newlifechurch.tv