'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

DAG 17 VAN 19

Dag 17

Het jy al ooit 'n fout gemaak en gedink dit het jou einde beteken? Dit maak nie saak wat jy gedoen het om te probeer vergoed nie, dit kon nie reggestel word nie? Vandag gaan ons dieper in die lewe van Dawid delf. Die man wat deur geloof die groot koning van Israel geword het en die standaard gestel het vir geslagte om te volg. Alhoewel algemeen bekend as "... 'n man na [God se] hart ..." (Handelinge 13:22b), het hy 'n wankelrige tydperk in sy lewe ervaar wat maklik sy lot en sy koningskap kon verwoes het.

In 2 Samuel 11 lees ons van Dawid se begeerte vir 'n getroude vrou, Batseba. Toe sy deur hom swanger geraak het, het hy sy gesagsposisie gebruik om haar man, Uria, te laat vermoor. Dit is beslis nie gedrag wat geskik is vir 'n koning nie! In ons beperkte siening van die werklikheid en geregtigheid, is dit vir ons maklik om na hierdie situasie te kyk en net te weet dat Dawid waarskynlik sy toekoms en reputasie verwoes het. Daar was geen manier hoe God meer bereid sou wees om hom te gebruik nie. Hoe kon hy tog met sulke gruwelike dade weggekom het? Hoe kon hy vergewe word nadat hy nie net een nie, maar verskeie wette oortree het? Hoe hooghartig moes hy wees om te dink hy is verhewe bo die wet?

God het egter met sy breër perspektief presies geweet wat moes gebeur.

God het die potensiaal gesien wat Dawid gehad het, en geweet dat sy foute nie moes definieer wie hy was of wat vir sy toekoms in die vooruitsig gestel was nie. Hy het geweet dat Dawid nie uiteindelik deur 'n geloof gebaseer op werke gered wou word nie. Hy het geweet dat, alhoewel Dawid se optrede hier dit nie weerspieël nie, hy nederig vir sy mense omgegee het en bereid sou wees om alles te doen wat nodig was om God se koninkryk uit te bou. Die belangrikste is dat God geweet het dat Hy 'n groter plan gehad het vir 'n Verlosser — 28 geslagte later — om vir elke oortreding van die wêreld te kom betaal.

Omdat God geweet het dat Dawid se verlede nie sy lewe en die geslagte wat volg gaan bevlek nie, het Dawid ook self daarop aanspraak gemaak. Dawid kon in skaamte en vernedering as gevolg van sy dade gewandel het, maar hy het eerder na die Vader gehardloop, sy opstandige gees erken en gepleit dat sy sondes en skaamte skoongewas word. Al wat nodig was, was 'n nederige gees en volkome oorgawe aan die Vader om 'n gebroke situasie te verander in iets veel groter as wat Dawid hom kon voorstel. Alhoewel Dawid geweet het dat hy vergewe is, het God dit selfs verder gevoer en toegelaat dat ons Verlosser uit Dawid se geslag gebore sou word. God is genadig om ons te vergewe en te verlos wanneer ons na Hom toe draai!

Aksiestap: Net soos Dawid sy skande na die voete van sy Vader gebring het, kan ons dieselfde doen. Oor watter vorige sondes of stryd voel jy steeds skaam? Bid Psalm 51 oor jou situasie en eis die oorwinning van Christus oor alle sondes en vestings in jou lewe!

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://newlifechurch.tv