'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

DAG 11 VAN 19

Dag 11

In Matteus 2 sien ons 'n bose en vreesaanjaende leier genaamd koning Herodes wat desperaat enigiets wou vernietig wat sy heerskappy kon bedreig. Hy het van wyse manne wat uit die ooste gereis het die nuus gehoor dat Christus gebore is. Die wyse manne wou self hierdie “Koning van die Jode” aanbid, daarom het hulle vir Herodes gevra waar hulle hom kon kry.

Wanneer jy hierdie hoofstuk lees, sal jy 'n meesterlike plan sien om die wyse manne te gebruik om vir Jesus in Betlehem op te spoor. Herodes het egter geen planne gehad om hierdie Jesus te aanbid nie. Hy was bedrieglik, en sy jag het begin.

“Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre” (Matteus 2:9-11).

Nadat die wyse manne vir Christus ontmoet het, kon hulle onder die druk van koning Herodes geswig het om terug te keer met die inligting van Jesus se verblyfplek. Matteus 2:12 sê egter: "... God [het] hulle in 'n droom gewaarsku ... om nie na Herodes toe terug te gaan nie ...", en dit is wat hulle gedoen het. Hulle het hul eie paaie terug huis toe gevolg, wat ook Josef en Maria se reis aan die gang gesit het om uit Betlehem te vlug om vir Jesus teen Herodes en sy moorddadige agtervolging te beskerm.

Geskiedkundig weet ons nie baie van hierdie wyse manne nie. Daar is baie teorieë oor wie hulle was en waar hulle vandaan gekom het, maar wat ons uit die lees van hierdie teks kan aflei, is dat hulle duidelik die “Goddelike waarskuwing” meer gevrees het as hierdie man, Herodes.

Wanneer jy daaroor dink, is baie van die besluite wat ons daagliks neem omdat ons uiteindelik óf God óf die mens vrees. Ons wil graag dink ons ​​vrees God altyd meer en gee nie om wat enigiemand dink nie, maar ons weet dit is nie waar nie. Soms swig ons voor sosiale druk. 'n Mens se kritiek kan kwetsend wees, en die uitspreek van waardering kan stimulerend wees. As ons nie versigtig is nie, kan ons afhanklik van die woorde en bevestigings van ander word.

Aksiestap: As jy dink aan die druk en spanning wat jy in jou daaglikse lewe ervaar, kom dit van die mens of van God af? Vir wie wil jy die meeste deur jou lewe behaag en eer? As dit lyk asof jy die mens meer as vir God vrees, bekeer jou vandag hiervan. Vra Hom om jou hierdie Kerstyd te herinner dat Hy Here en heerser van jou lewe en oor die hele skepping is. Terwyl jy vandag bid, bepeins die volgende Bybelvers: "... volmaakte liefde verdryf vrees ..." (1 Johannes 4:18).

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://newlifechurch.tv