'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld
Dag 10
Daar is baie in die boek Lukas om te bewonder oor Maria, die moeder van Jesus.Toe die engel Gabriël aan haar die nuus gegee het dat sy as 'n maagd "die Seun van die Allerhoogste" sou verwek, was haar aanvanklike reaksie skok gemeng met vrees. In haar laaste antwoord aan Gabriël, het sy egter hierdie nederige woorde in Lukas 1:38 gesê: “... Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het ...”
Die skrywer Tim Keller verduidelik die betekenis van haar woorde in sy boek "Hidden Christmas":
“In die ouer vertalings sê Maria: "... Laat dit met my gaan volgens u woord ..." (Lukas 1:38 AFR 53). Dit is baie na aan die woorde wat haar Seun eendag sou sê: "... nie ... soos Ek wil nie, maar soos U wil" (Matteus 26:39). Sy het hierdie oorgawe gemaak voordat sy geweet het wat Jesus vir haar sou doen. Ons weet dat, vir elke opoffering wat Maria vir Hom gemaak het, Jesus oneindig meer vir haar gemaak het. Maria het aanvaar dat sy in die wêreld se oë laag sou daal, maar dink net hoe laag die Seun van God gedaal het — van die hemel na die aarde. In daardie brutale kultuur waar mense oneer en eer aangedoen is, het sy het geweet dat sy God se wil aanvaar het selfs ten koste van haar lewe. Jesus het egter God se wil aanvaar in die wete dat dit Hom alles sou kos … Kyk egter na die oneindige, eindelose verlossing wat as gevolg van sy gehoorsaamheid gekom het — 'n ewige maat van heerlikheid is vir ons almal afgemeet.”
Maria sou verder die ondenkbare pyn ervaar om 'n kind te verloor. Sy het sy wrede dood aanskou, maar sou later sy leë graf vind en sy opgestane liggaam sien! Sy het pyn en verlies geken, maar sy het ook onmeetlike vreugde geken. Vanaf die begin van haar verhaal het sy nie toegelaat dat haar pyn of omstandighede haar daarvan weerhou om gehoorsaam te wees nie. Sy het, soos Jesus, haar eie wil voor die Vader neergelê omdat sy bowenal sy wil en nie haar eie gesoek het nie.
Aksiestap: Is daar 'n omstandigheid in jou lewe wat jy toelaat om jou gehoorsaamheid aan God te verhinder? Bid dat God jou sal help om aan jouself te sterf terwyl jy sy wil vir jou lewe soek. Bid Jesus se woorde: "... nie ... soos Ek wil nie, maar soos U wil" (Matteus 26:39), oor enige moeilike situasies in jou lewe vandag.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.
More