Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

DAG 7 VAN 7

‘n Toekomsblik

“God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood” (Psalm 46:2).

Die herstelproses van die trauma na die ramp sal tyd neem en in fases verloop. Te midde van moeilike tye, mag dit voel of dinge nooit beter sal word nie — dat die hartseer en probleme vir ewig sal voortduur. Onthou, die wêreld verander voortdurend en veranderinge kan tot verbetering lei.

Let op hoe God op verskillende maniere in moeilike tye skuiling en krag bied. Neem tyd om na te dink oor die klein en groot maniere waarop God jou in die verlede gehelp het.

Sodra dit rustiger gaan, kan jy dieper oor jou ervaring nadink. Oorweeg dit om by ‘n trauma-ondersteuningsgroep aan te sluit. As daar nie ‘n groep in jou area is nie, nooi ander wat deur die ramp gekom het om saam ‘n kleingroep te vorm. Julle kan dalk slegs een keer bymekaar kom, of ‘n rooster vir gereelde ontmoetings opstel. Julle kan mekaar help om aan te hou genees as julle jul ervarings deel.

Met verloop van tyd kan julle klaaggebede in lofgebede verander. Julle mag ook ontdek dat julle God die een oomblik prys en die volgende oomblik by Hom kla. Dit is in orde. Wat ook al gebeur, God sal in alles saam met julle wees.

Stof tot Nadenke

  1. Wat ondersteun jou die meeste sedert die ramp?
  2. Watter aspek van die lewe is die moeilikste om te hanteer sedert die ramp?
  3. Wat is een ding wat jy kan doen om aan te hou herstel van die ramp?
  4. Op watter maniere is God vandag jou toevlug en beskerming?

Dankie!

Was hierdie leesplan waardevol? Hierdie leesplan is ontwikkel met behulp van hulpbronne in die Beyond Disaster (Anderkant Teëspoed) versameling. Hierdie hulpbronne ondersteun die geestelike welstand van volwassenes, tieners en kinders gedurende die beginstadiums van krisis, ontworteling en verlies. Jy kan die Beyond Disaster brosjure met toepaslike hulpbronne vir dié wat rampe oorleef het, sowel as hulle wat eerste gereageer het, by die volgende webwerf aflaai BeyondDisaster.Bible of by jou plaaslike Bybelgenootskap.

Elkeen van ons lesers het ‘n unieke manier hoe hulle met die Bybel omgaan. Ons nooi jou uit om op die skakel hier onder te klik, sodat ons meer oor jou en lesers soos jy kan leer. Jou deelname sal die American Bible Society (Amerikaanse Bybelgenootskap) help om voort te gaan om Bybelhulpbronne van hoë gehalte vir mense oral te voorsien en sal die ontwikkeling van nuwe Bybelhulpbronne toelig.

Begin Opname

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beyonddisaster.bible