Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

DAG 2 VAN 7

Hoekom Voel Ek So?

Nadat jy ‘n traumatiese ervaring beleef het, kan dit gebeur dat jy emosioneel en geestelik totaal oorweldig voel. Dit is normaal om so te voel.

Jy mag dalk net soos een van die psalmdigters voel:


“Trane is dag en nag my brood,
omdat daar die hele dag lank vir my gevra word:
‘Waar is jou God?'”
(Psalm 42:4 AFR20).

Wanneer dinge verkeerd gaan, soek jy dalk na iemand om die skuld te gee — jouself of iemand anders. Dit is ‘n manier om te probeer verstaan wat gebeur het, maar dit gaan nie baie help nie. Om te aanvaar wat gebeur het, kan jou help om te genees.

Jy voel dalk skuldig omdat jy die ramp oorleef het terwyl ander dit nie gedoen het nie, of dat jy minder gely het as ander. Dit is ‘n algemene reaksie.

Jy mag skaam voel oor die manier waarop jy op die ramp reageer. Dit kan ook vir jou ‘n verleentheid wees omdat jy van ander afhanklik moet wees om in basiese behoeftes soos klere, kos en water te voorsien. Dit gebeur dikwels as jy gewoond is om in jou eie behoeftes te voorsien, of as jy die een is wat gewoonlik ander help. Onthou, dit is nie jou skuld dat jy in die situasie is nie. Waarskynlik dink ander ook nie minder van jou omdat jy in hierdie moeilike situasie is nie. God is ook nie skaam vir jou nie. As jy ander toelaat om jou te help, kan jou verhoudings versterk, en jou selfs help om nuwes te maak. Jy mag ook vind dat jy meer as voorheen op God staat maak.

Stof tot Nadenke

  1. Hoe het die ramp jou lewe verander?
  2. Waar sien jy God wanneer jy na jou lewe en omstandighede kyk? Voel God naby of ver weg?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beyonddisaster.bible