Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld
![Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33942%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoekom Voel Ek So Hartseer?
Ná 'n ramp ervaar die meeste mense op ‘n sekere tydstip ‘n diep hartseer. ‘n Traumatiese ervaring gaan gepaard met baie verliese. Wanneer ons iets of iemand verloor, is dit normaal om vir ‘n tyd lank hartseer te wees. Dit kan nuttig wees om te verstaan dat dit deel van die rouproses uitmaak.
Ons moet treur oor ons verliese ten einde te genees. Die rouproses is soos ‘n lang reis met stilhouplekke by verskillende dorpe
- Die Stilhouplek van Ontkenning en Woede: Jy mag in skok wees en afgestomp voel. Jy mag ontken dat die verlies plaasgevind het. Jy mag vir ander, jouself en God kwaad wees. Jy dink dalk dikwels “as ek maar net” dit en dat gedoen het, dan kon ek die verlies verhoed het. Jy mag vergeet om te eet. Jy mag baie huil.
- Die Stilhouplek van Wanhoop: Jy mag sonder dryfkrag wees en nie uit die bed wil opstaan of jouself versorg nie. Jy mag voel daar is nie meer ‘n doel om voor te lewe nie. Miskien wil jy jou lewe beëindig, of die seer met verdowingsmiddels, alkohol of enige ander verslawingsmiddel uitdoof. Jy voel miskien skuldig oor die verlies, alhoewel jy niks kon doen om dit te verhoed nie.
- Die Stilhouplek van ‘n Nuwe Begin: Jy sal die begin van nuwe lewe in jou aanvoel — dryfkrag, planne, hoop en die begeerte na saamwees met ander. Jy onthou wat gebeur het, maar voel nie meer die seer soos voorheen nie.
Jy mag hierdie reis wil vermy omdat dit moed en dryfkrag verg, maar dit is die pad na ‘n Nuwe Begin.
Jy kan die volgende doen sodat die rouproses ook genesing bring:
- Praat oor wat gebeur het en hoe dit jou laat voel. Gee uitdrukking aan jou woede en hartseer.
- Begryp dat dit normaal is om te rou en dat die proses tyd neem. Hoe jy tans voel sal nie permanent wees nie, en jou gevoelens kan daagliks verander.
- As jy hartseer voel, dink aan watter verlies hierdie gevoel kan veroorsaak.
- As jy ‘n geliefde verloor het, reël ‘n diens om erkenning aan die afsterwe te gee, en om die persoon se lewe te herdenk.
- Uiteindelik, wanneer jy gereed is, bring jou pyn na God toe. Hoe meer spesifiek jy oor jou verliese kan wees, hoe beter. Jy het byvoorbeeld 'n geliefde verloor, maar ook 'n inkomste, geselskap, respek of sekuriteit. Bring hierdie verliese een vir een na God.
Stof tot Nadenke
- Het jy al die reis vanuit rou na genesing begin? Indien wel, by watter stilhouplek is jy nou?
- By wie voel jy veilig om oor jou rouproses te praat?
Aangaande hierdie leesplan
![Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33942%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.
More