Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

DAG 1 VAN 7

Anderkant Rampspoed

Jou wêreld het dalk onderstebo gedraai. Hier is paar basiese roetines wat jou sal help om vinniger te herstel.

  • Doen moeite met die versorging van jou liggaam deur gesond te eet en genoeg slaap en oefening te kry. As jy sukkel om te slaap, maak bedags tyd vir meer oefening of fisieke werk wat stres kan verlig en slaap verbeter.
  • Probeer maniere vind om met ander kontak te maak, selfs al voel jy lus om alleen te wees. Dit sal jou help om te herstel. Isolasie sal jou herstel vertraag.
  • Wees bereid om vir hulp te vra as jy hulp nodig het, en aanvaar hulp wat aangebied word.
  • Herstel roetines waar jy kan, veral met kinders. Dit verminder die gevoelens van onsekerheid wat die ramp veroorsaak het.
  • Voltooi klein projekte en take wat kan help om ‘n mate van beheer en orde te herstel.
  • Vermy dit so ver moontlik om belangrike besluite te neem. Wees bewus van hoe jy alkohol, slaapmiddels, of ander dinge gebruik om jou situasie te hanteer.

Ná 'n ramp kan jy dalk vir ‘n rukkie voel jy wil nie bid of die Bybel lees nie. Moenie dat dit bydra tot jou bekommernis nie. Dit is ‘n normale reaksie en dit beteken nie dat jy jou geloof verloor het nie. Ander mense sal vir jou bid, en God verstaan. In Psalm 103:13-14 lees ons die volgende:

“Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.
Hy weet waarvan ons gemaak is,
Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.”

Jy het miskien baie praktiese probleme en minder hulpbronne as wat jy voor die ramp gehad het. Boonop kan dit moeilik wees om nugter te dink. Jou situasie mag hopeloos voel en jy kan dalk nie jou probleme onmiddellik oplos soos jy wil nie.

Terwyl jy probeer om die probleme op te los wat jou in die gesig staar, kan dit help om die volgende vrae met iemand te bespreek. Dit kan jou help om jou opsies te oorweeg en jou volgende stappe te beplan.

Stof tot Nadenke

  1. Watter hulpbronne het jy tot jou beskikking?
  2. Wat het jy reeds probeer doen? Wat was doeltreffend of nie doeltreffend nie?
  3. Wat kan jy nog probeer doen?
  4. Wie kan jou dalk help, al is dit net 'n bietjie?
  5. Watter volgende stap gaan die doeltreffendste wees?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beyonddisaster.bible