Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld
Hoe Kan My Gewonde Hart Genees?
Dink aan die pyn in jou hart asof dit ‘n wond is. Volgens die woorde van die psalmdigter, is my hart inmekaargekrimp binne-in my. Vergelyk die pyn in jou hart met ‘n diep snywond aan jou lyf. Wat is die ooreenkoms en verskil tussen ‘n gewonde hart en ‘n snywond aan jou lyf?
Na 'n ramp moet jy die wonde van jou hart versorg sodat jy kan genees. Met liggaamlike wonde moet ons vuilheid en bakterieë verwyder om infeksie te voorkom. Om ‘n hartwond te behandel, is dit nodig om uiting aan jou pyn te gee.
Maak kontak met iemand met wie jy jou ervaring kan deel; iemand wat kan luister sonder om jou erger te laat voel. Daardie persoon moet dit wat jy met hulle deel vertroulik hanteer, na jou luister sonder om jou te probeer regruk, kitsoplossings gee, of jou ervaring met hulle eie ervaring te wil vergelyk. Kies hierdie persoon versigtig. Dikwels wil mense wat goeie bedoelings het vir jou voorskryf hoe om ‘n probleem op te los. Herinner ander daaraan dat jy nie raad nodig het nie, maar eerder net iemand wat luister en verstaan.
Moenie dat enigiemand druk op jou uitoefen om jou ervaring te deel as jy nie gemaklik of gereed voel nie. Dit mag dalk nodig wees om jou ervaring stuksgewys met verloop van tyd te deel. Soos mens die gasborrels in ‘n bottel sodawater wat geskud is, bietjie vir bietjie moet uitlaat wanneer die bottel oopgemaak word, net so deel jy jou ervaring om te verhoed dat jou emosies uitborrel. Jy gaan dalk jou ervaring ‘n paar keer moet oorvertel sodat jy die verskillende fases van die omstandighede makliker kan aanvaar en verwerk.
Terwyl jy jou ervaring met ander deel, vertel wat gebeur het. Wanneer jy gereed is, gaan voort na hoe jy gevoel het terwyl dit gebeur het. Ten slotte, fokus op die deel wat vir jou die moeilikste was.
Stof tot Nadenke
- Hoe voel dit om ‘n gedeelte van jou ervaring met iemand te deel?
- Sal die vertel van jou ervaring jou help om anders te dink oor wat gebeur het?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.
More