Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld

Hoe Kan Ek Hierdie Intense Emosies Kalmeer?
Wat jy beleef mag jou dalk laat voel of daar niemand is na wie jy toe kan gaan vir hulp nie, veral as dit nie vir jou geliefdes moontlik is om naby jou te wees nie. In die boek Spreuke gee die skrywer ‘n bietjie raad:
“Moenie by ‘n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: ‘n buurman wat naby is, is meer werd as ‘n broer wat ver is” (Spreuke 27:10).
Na ‘n traumatiese ervaring mag jy baie angstig, kwaad of bang voel. Jy mag dalk nog nooit voorheen hierdie intense gevoelens ervaar het nie. Jy kan leer hoe om hierdie emosies te kalmeer sodat hulle jou nie beheer nie. Hier is ‘n paar voorstelle.
- Doen iets wat min inspanning verg en jou gedagtes gerig hou op wat jy doen, soos om ‘n vriend te bel en uit te vind hoe dit gaan, te gaan stap, of aan sport deel te neem.
- Dink aan ‘n toneel wat jou rustig laat voel. Dit mag ‘n plek uit jou grootwordjare wees, ’n strand of ‘n woud. Dit kan ‘n toneel uit ‘n verhaal oor Jesus wees. Jy kan jouself aan God se liefde herinner. Raak stil binne-in jouself en verbeel jou jy is in daardie toneel. Gaan daar in jou gedagtes wanneer jy begin voel dat sterk emosies jou kan oorweldig.
- Oefen asemhaling vanuit jou diafragma om sterk gevoelens te kalmeer. Probeer om dit drie of vier keer per dag, vir vyf minute lank, te oefen. Jy mag opmerk dat dit aanvanklik inspanning verg. Jy mag dalk selfs moeg word terwyl jy oefen. Voortgesette oefening sal egter hierdie kalmerende en ontspannende manier van asemhaling makliker en meer outomaties maak.
Stof tot Nadenke
- Wie is naby na wie jy kan uitreik vir ondersteuning?
- Wat het jou in hierdie krisistyd gehelp om te ontspan?
Aangaande hierdie leesplan

Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.
More