Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die BybelVoorbeeld

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

DAG 6 VAN 7

Hoe Kan Ek My in hierdie Situasie met God Vereenselwig?

Wees eerlik met God! Vertel hom presies hoe jy voel. Hy weet reeds, praat dus met Hom daaroor. Voel jy dat God sy belofte verbreek het om jou teen die bose te beskerm? Voel jy dat Hy jou verlaat het? Kwaad? Stort jou seer voor God uit.

Daar is baie voorbeelde van mense in die Bybel wat uiting aan hulle gevoelens teenoor God gee. Dit word klaagliedere genoem. Het jy geweet dat daar meer klaagpsalms in die Bybel is as lofpsalms? In ‘n klaaglied roep mense tot God en vertel hom van hulle klagte. “Hoekom het U my nie beskerm nie? Waar was U? Hoe lank gaan hierdie lyding voortduur?” Hulle vertel vir God wat hulle wil hê Hy moet doen — soms, dat Hy net moet agslaan op dit wat gebeur het. Soms herinner hulle hulself daaraan hoe God hulle in die verlede gehelp het, of hoe God sy volk in die Bybel gehelp het. Dit kan hoop laat opvlam.

'n Klaaglied is dikwels hoe geloof in moeilike situasies lyk. Dit is 'n teken van geloof dat God luister, omgee en krag het om te help.

Alhoewel 'n klaaglied uit meer kan bestaan, het dit drie basiese dele:

  • Roep tot God
  • Klagte
  • Versoek

Van hierdie drie dele is dit die klagte wat dit 'n klaaglied maak. Selfs aan die kruis het Jesus gekla toe Hy uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?” (Psalm 22: 2). As Jesus sy gevoel van verlatenheid aan God bekend gemaak het, kan jy ook.

Stof tot Nadenke

  1. Wat weerhou jou daarvan om tot God te kla?
  2. Hoe dink jy kan klaagliedere jou op hierdie stadium ondersteun?
  3. Hoe sou jy jou klaaglied verwoord? Oorweeg dit om iets vir God te skryf of te skets wat uitdrukking aan jou klagtes gee.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Beyond Disaster: Find Fresh Strength and Hope in the Bible

Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beyonddisaster.bible