Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1.Waarom is dit belangrik vir God se leiers om wysheid te hê? Hoe kan jy vandag met wysheid lei? Hoe kan jy ook onderdanig wees en jou onderwerp aan die owerhede wat God in jou lewe geplaas het?
2.In watter area van jou lewe is dit vir jou die maklikste om God te vertrou? In watter area van jou lewe is dit vir jou die moeilikste om God te vertrou? Waarom is dit nodig om jou aan God se planne te onderwerp wanneer dit anders is as joune?
3.Wat is jou reaksie wanneer jy hoor dat God al jou dae geken het nog voordat een van hulle aangebreek het?
4.Het jy Christus as jou Here en Verlosser aangeneem? Indien wel, glo jy Hy is besig om vir jou 'n plek voor te berei? Hoe kan jy in die lig van hierdie wonderlike belofte lewe?
5.Op watter maniere het jy gesien hoe God iets wat deur ander bedoel was om jou skade te berokken, in iets goeds verander is?
Aangaande hierdie leesplan
"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/