Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 42 VAN 43

Lees: Genesis 1:31; 3:4–6; 6:5–8; 18:22–25; 50:19–20

SOAP: Genesis 50:19–20

Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het.”

Oordenking

Een van die hooftemas van die boek Genesis is die tema van goed teenoor kwaad. Regdeur die boek verskaf die skrywer voorbeelde van goed, voorbeelde van kwaad en die interaksie tussen die twee. Van die begin met die skeppingsverslag en deurgaans tot en met die verhaal van Josef, vertoon die skrywer God se soewereiniteit deur hierdie tema.

God het die hemel en aarde geskep. Nadat Hy sy werk voltooi het, het God alles wat Hy gemaak het goed genoem. Die bose het nog nie in die wêreld ingekom nie. God het die man en die vrou wat Hy geskep het in ‘n tuin geplaas, sodat hulle kon eet van watter boom hulle ook al wou hê, behalwe een. Die slang het hulle bedrieg en die vrou belowe dat as sy van die boom van kennis van goed en kwaad eet, sy soos God sou wees deur goed en kwaad te ken. Sy en die man het albei geëet en hulle was skielik bewus van die kwaad; die eerste daad van sonde wat gepleeg is.

Later het God verklaar dat al die gedagtes en dade van mense die hele tyd net boos was. Hy het belowe om alles wat Hy gemaak het te vernietig as gevolg van hierdie groot boosheid, maar selfs te midde van sulke boosheid was daar een man wat guns by God gevind het.

Heelwat later het God ‘n man met die naam Abraham gekies om die een te wees deur wie God sy belofte sou hou om die wêreld van boosheid en sonde te verlos. Abraham het geweet God is regverdig en goed. God sal nie die goeie saam met die goddelose vernietig nie, maar sal eerder toelaat dat die bose seëvier om diegene te red wat aan Hom toegewy is.

In Josef se lewe het God ‘n groot euwel gebruik om iets baie goed te bewerkstellig. Sy broers het hom in ‘n put gegooi en hom in slawerny verkoop. Hy is vervolg en valslik beskuldig en sonder ‘n verhoor in die tronk gegooi. Selfs in al hierdie boosheid sou God sy goeie doel bewerkstellig. Josef het God nie net toegelaat om sy voetstappe te rig en sy lewe vir sy doeleindes te bereik nie, maar Hy het die soewereiniteit van God erken om goed te bewerkstellig uit beoogde skade.

God se soewereiniteit bly onveranderd. Alhoewel dit dikwels mag lyk asof boosheid in die wêreld seëvier, bewerkstellig God altyd sy goeie voornemens. Niks is buite sy bereik nie. Niks gaan ongemerk by Hom verby nie. Terwyl ons ‘n bose wêreld verduur, kan ons vol vertroue wees dat, ongeag die omstandighede, God soewerein is en altyd besig is om sy goeie doelwitte vir sy koninkryk, vir sy mense en vir die wêreld te bewerkstellig.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/