Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Lees: Genesis 46:31-47:27; Spreuke 8:12-17
SOAP: Spreuke 8:15-17
Met my hulp regeer konings goed en laat magshebbers reg geskied; met my hulp heers die mense wat mag het, die leiers, elkeen wat reg regeer. Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my.
Oordenking
Terwyl Jakob se familie na Egipte migreer het, het Josef sy pa en broers spesifieke instruksies gegee. Hulle moes die farao met eer nader en hulself in die mees gunstige lig stel. Hulle het groot respek vir die farao en sy gesag getoon en hulle voor hom verootmoedig. Die farao het aan hulle guns bewys deur aan hulle die beste grond in die streek te gee. Hierdeur kon Josef in ’n tyd van groot hongersnood kos vir sy gesin voorsien.
Soos die farao Josef en sy gesin geseën het, het Josef die farao geseën. Josef het baie lewens tydens ‘n moeilike situasie gered. Hy het baie mense toegelaat om, in ruil vir voedsel, hulle vee, arbeid en grond aan die farao te verkoop. Hierdeur het die farao baie ryk geword. Hy was voorspoedig omdat hy Jakob en sy gesin, God se uitverkore volk, geseën het.
God het die voortbestaan van sy uitverkore familie deur Josef se wysheid verseker. Dwarsdeur sy lewe het Josef voortdurend die dinge van God gekies, terwyl hy met wysheid opgetree het wat ver bo sy jare was. Selfs van die vroegste opgetekende optrede met betrekking tot sy vader se kleinvee, het Josef met wysheid opgetree. God het die omstandighede in Josef se lewe gebruik om wysheid in hom, sy uitverkore leier, te ontwikkel. Terwyl hy sy vader se vee opgepas het, Potifar se huis bestuur het, drome uitgelê het en ’n nasie en sy eie familie van uitwissing gered het, het Josef wysheid aan die dag gelê. Josef het sy lewe daaraan gewy om wysheid by God te soek, en wanneer dit die meeste saak gemaak het, het die wysheid wat hy opgedoen het hom gehelp om baie lewens te red.
Josef is ’n rolmodel vir toekomstige konings en leiers. Sy leierskap was ’n voorbeeld vir die nasie Israel van hoe om met God se wysheid te lei. As God se uitverkore volk sou oorleef, moes hulle leiers met groot wysheid dien en lei.
Vandag dien Josef se lewe steeds as ’n voorbeeld vir beide diegene in leierskap en diegene wat hulle aan hul gesag onderwerp. Leiers moet voortdurend God se wysheid soek en Hom toelaat om hulle voetstappe te rig. Net so, as God se mense, moet ons ons onderwerp aan die owerhede wat God aangestel het, hetsy nasionale leiers soos die farao, of leiers in ons plaaslike kerk. Diegene wat met wysheid lei, sal inderdaad seën van God ontvang, en diegene wat hulself voor God se uitverkore leiers verootmoedig, sal lewe en vrede vind.
Aangaande hierdie leesplan

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
