Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 24 VAN 43

Lees: Genesis 37:12–36; 2 Korintiërs 4:7–18

SOAP: 2 Korintiërs 4:17–18

Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Oordenking

Josef was God se uitverkore leier in sy generasie, en God het hierdie roeping deur drome aan Josef openbaar. Josef was gehoorsaam aan God en getrou in hierdie verantwoordelikhede, hy het sy vader geëer en gedoen wat van hom gevra was. Josef was toe nog baie jonk, net sewentien jaar oud, en het in sy pa se huis gebly saam met baie van sy broers.

Jakob het vir Josef voorgetrek, en dit het verdeeldheid in sy huishouding veroorsaak. As gevolg hiervan, het Josef se broers hom soveel gehaat dat hulle nie vriendelike woorde teenoor hom kon uiter nie. Al het Jakob gesien hoe ouerlike voortrekkery sy eie familiebande vernietig het (sien Genesis 26), het hy hom tot dieselfde gedrag gewend wat dieselfde mate van verdeeldheid onder sy seuns teweeg gebring het.

Daar is nie ‘n ogie gehou op die broers se haat nie en dit het op ‘n grusame misdaad uitgeloop. Hul dade het die intense twis en jaloesie in Jakob se gesin onthul. Sy broers het hom verwerp, onbewus van God se salwing op sy lewe. Die gehoorsaamheid en getrouheid van Josef staan in sterk teenstelling met die boosheid van sy broers wat saamgesweer het om hom te vermoor, as ‘n slaaf te verkoop, en hul pa te bedrieg.

‘n Mens kan nie anders as om die ooreenkomste tussen Jakob en Josef se verhale raak te sien nie. Jakob het sy broer gemanipuleer vir sy eersgeboortereg en het toe sy seën gesteel. Josef se broers het probeer om hul broer Josef, aan wie die seën behoort het, te vernietig. Jakob is deur Laban vervolg en bedrieg, en al was Jakob nie onskuldig aan bedrog in sy handelinge nie, het God hom gered en hom beskerm. Josef is deur sy broers vervolg, wat toe hul pa bedrieg het, maar Josef was onskuldig, en God was eweneens met hom.

Wanneer ons God getrou dien, sal ons vervolging in die gesig staar. Diegene in leierskap of gesagsposisies kan verseker wees dat hulle teenstanders God se uitverkore leiers sal vervolg. Tog, selfs te midde van lyding, kan niks God se voornemens tot niet maak nie. Geen hoeveelheid teenstand, vervolging, moeilikheid, of lyding kan God se plan verander nie. Hy beskerm dié wat aan Hom behoort, en sy roeping op jou lewe kan nie verander word nie.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/