Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 29 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Moet jy, soos Josef, swaarkry as leier verduur? Of is jy, soos sy broers, in die versoeking om diegene wat God as leiers oor jou gekies het, teë te staan? Hoe kan jy 'n ewige ingesteldheid in hierdie situasies handhaaf?

2. Het jy al voor 'n situasie te staan gekom waar jy die behoefte gehad het om na desperate pogings te gryp om God se voornemens te bewerkstellig? Hoe kan jy selfs in 'n moeilike situasie gehoorsaam bly aan God? Hoe kan jy Hom vandag vertrou, al is jy in die middel van 'n gemors?

3. Hoe kan jy vandag voorberei om versoeking in die toekoms te weerstaan?

4. Hoe is God se getrouheid aan Josef in die tronk getoon? Hoe het jy gesien hoe God sy getrouheid aan jou toon toe jy in 'n tyd van wanhoop was?

5. Wanneer was God getrou om jou te verlos van 'n seisoen van lyding? As jy nou 'n seisoen van lyding verduur, wat kan jy vandag doen om jouself aan sy getrouheid te herinner?

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/