Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 32 VAN 43

Lees: Genesis 43; 1 Petrus 3:8–9

SOAP: 1 Petrus 3:8–9

Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met 'n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.

Oordenking

Met hulle eerste besoek aan Egipte het die broers hulle skuld erken en was hulle berouvol oor die manier waarop hulle Josef behandel het, al het hulle geen idee gehad dat hulle voor hom staan nie. Met hulle tweede besoek het Josef vir hulle nog 'n toets gegee.

Die begunstiging van Josef deur hulle vader het tot die broers se optrede teenoor hom gelei. In hierdie toets het Josef Benjamin begunstig deur hom 'n groter deel van die voedsel te gee. Hy het die broers die geleentheid gebied om Benjamin agter te laat en hom te verraai soos hulle met Josef gedoen het. Deur sy broers op hierdie manier te toets, kon Josef sien of hulle harte werklik verander het en of hulle nog selfsugtig en kwaadwillig sou optree wanneer een van Ragel se seuns begunstig is.

Josef se broers het groot volwassenheid en 'n radikale verandering van hart getoon. God het in hulle gewerk deur sy barmhartigheid, voorsiening en genade. Juda se belofte aan Jakob, hulle bereidwilligheid om die koste van die graan aan die Egiptenare terug te betaal, hulle genieting van die fees ten spyte van die begunstiging wat aan Benjamin betoon is, en hulle bewustheid van God se ingryping, het almal die broers se korrekte reaksie op toetsing getoon.

Die boek Genesis is aan die geslag Israeliete geskryf wat voorberei het om die beloofde land Kanaän binne te gaan. Die broers het 'n voorbeeld aan die nasie Israel gestel van hoe om as 'n ontvanger van God se seën te leef. (Dis ook 'n voorbeeld vir die kerk van vandag.) Hulle het verantwoordelikheid getoon in hul belofte om vir Benjamin te sorg, eerlikheid in hul bereidwilligheid om te betaal vir wat hulle gekoop het, eenheid in hul pogings om na Egipte terug te keer om Simeon te red, geloof in hul erkenning van God se ingryping en dankbaarheid in hul genieting van die fees, sonder jaloesie. God alleen het hulle harte verander toe Hy hulle voorberei het om hulle families na Egipte te bring en sy uitverkore nasie te word.

Gelowiges in Christus word geroep om dieselfde eienskappe te ontwikkel soos ons die liggaam van Christus opbou en seën. Soos die nasie Israel, word ons geroep om 'n seën deur Christus te beërwe. Soos ons daarna streef om Hom aan die wêreld te verteenwoordig, mag ons verantwoordelikheid, eerlikheid, eenheid, geloof en dankbaarheid ontwikkel. Mag ons God se barmhartigheid, voorsiening en genade in alle dinge erken, sodat Hy ons volwasse kan maak om in tye van beproewing getrou te wees.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/