Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Memoriseervers:
Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
2 Korintiërs 4:17-18
Uitdaging Vir Die Week:
God het Josef toegelaat om groot lyding in sy lewe te verduur om sy goddelike doel te bereik. Terwyl jy lees, let op Josef se lyding. Nadat jy hierdie week se leeswerk voltooi het, gaan deur die oomblikke van sy lyding en besin oor hoe God elkeen van daardie gebeurtenisse verlos het. Glo jy dat God op dieselfde manier in jou lewe kan werk? Hoe het God jou reeds van sommige van jou seisoene van lyding verlos?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
