Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1.Is daar 'n verhouding in jou lewe wat versoening nodig het? Wat spoor God jou aan om te doen terwyl jy op sy perfekte tydsberekening vir die versoening wag?
2. Glo jy dat God geregtigheid sal bewerkstellig? Op watter gebiede is dit vir jou die moeilikste om op God se geregtigheid te wag en te vertrou?
3. Hoe sal jy kies om God vandag te volg? Watter versoekings staar jy in die gesig? Wat trek jou weg van God en nader aan die dinge van die wêreld?
4. Watter voorbeelde het jy gesien van sekulêre grootsheid of sukses wat vinniger groei as geestelike grootheid? Waarom vereis God se beloftes geduld van die ontvanger?
5. Oor watter terreine het God jou verantwoordelikheid gegee? Hoe kan jy getrou wees in die klein dingetjies in jou lewe? Hoe kan jy getrou wees in die groot dinge wat God vir jou gegee het?
Aangaande hierdie leesplan
"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/