Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 21 VAN 43

Lees: Genesis 37:2–11; Lukas 16:10

SOAP: Lukas 16:10

“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.”

Oordenking

Die verhaal van Genesis beweeg oor na ‘n nuwe fokus in hoofstuk 37: die nageslag van Jakob. Josef, Jakob se elfde seun, word die hooffokus van die res van die boek.Die skrywer van Genesis gebruik talle literêre middele dwarsdeur Josef se storie, om die betekenis van sy lewe asook die voortsetting van God se beloftes uit te wys.

Soos Josef se storie ontvou, sien ons dieselfde temas wat in vorige gedeeltes van Genesis voorgekom het: goddelike seën, die gebruik van bedrog, die stryd tussen goed en kwaad, en voorspoed en toevlug in Egipte. Josef word egter anders as die voorvaders uitgebeeld. Die skrywer beklemtoon Josef se geregtigheid, getrouheid, wysheid en geduld. Sy karakter staan in teenstelling met dié van sy pa, wat bekend was vir bedrog en wat op homself staat gemaak. Deur vir Jakob op hierdie wyse uit te beeld het nie ten doel om Jakob te onteer nie; inteendeel, dit dien om die voorbeeldige karakter van ‘n leier wat God eerbiedig, uit te lig.

In Josef se eerste opgetekende optrede openbaar hy verantwoordelikheid, omgee en getrouheid in wat aan hom toevertrou is. Sy broers was egter ontrou terwyl hulle hul pa se kudde opgepas het, en Josef het dit aan Jakob gerapporteer.

Alhoewel Josef Jakob se elfde seun was, was hy deur God as leier uitverkies. Josef was getrou in ‘n klein verantwoordelikheid, deur om te sien na sy pa se kudde. Die drome wat aan hom gegee is, het God se roeping en salwing op sy lewe uitgewys. God het in drome aan Abraham, Isak en Jakob verskyn, en sy aanwysing van elkeen as erfgenaam van die belofte bevestig. Net so het Josef se drome God se besluit getoon om hom as die leier onder sy broers te kies.

Alhoewel Josef nie tot heelwat later in sy lewe ‘n invloedryke leier geword het nie, was hy selfs in die klein dingetjies getrou en gehoorsaam aan God. Hy was getrou toe hy nie enige mag of krag gehad het nie, en deur hierdie ervarings, het God hom vir die toekoms voorberei. Dwarsdeur sy lewe was Josef getrou, en het die dinge van God bo die dinge van die wêreld gekies. God het hom nie op grond van sy geregtigheid gekies nie, maar Josef was getrou in die roeping wat God aan hom gegee het.

Ons mag dalk nie ‘n idee hê wat God vir ons beplan het nie. Hy mag jou dalk nou voorberei vir groot verantwoordelikhede in die toekoms. Hy mag dalk jou karakter nou vorm om jou in ‘n gesagsposisie te plaas, hetsy in ‘n loopbaan, in bediening, in jou familie, of in jou kerk. Mag ons kies om getrou aan Hom te wees ongeag hoe klein of onbenullig ons huidige opdrag mag lyk. Ons weet nooit wat God vir ons beoog nie!

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/