Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Lees: Genesis 39; Jakobus 1:2–18
SOAP: Jakobus 1:12–13, 17
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.
Oordenking
Nadat hy die ongehoorsaamheid van Juda opgeteken het, toon die skrywer van Genesis die getrouheid van Josef, God se uitverkore leier. Die eerste toneel in hoofstuk 39 toon God se seën op Josef, bevestig dat sy teenwoordigheid by hom was, selfs in Egipte, en dat Hy hom sukses in Potifar se huis gegee het. Die fokus is op God se teenwoordigheid en seën, nie Josef se werk nie. Josef het God se seën erken en getrou gedien. Alhoewel hy verwerping en verraad van sy broers ervaar het, het God hom na 'n belangrike plek van gesag in Potifar se huis gebring.
Josef se toewyding aan God het hom in staat gestel om versoeking te weerstaan. Josef was seker dat God hom geseën het en sukses gegee het wat net van Hom af kon kom. Sy oortuiging om getrou aan God te bly is met die loop van tyd gebou, nie in sy oomblik van versoeking nie. Versoeking het na Josef gekom in 'n tyd van groot seën, miskien toe hy die kwesbaarste was, maar hy het in geloof opgetree en gekies om God te gehoorsaam. Sy bewustheid van en vertroue in God se teenwoordigheid en seën het Josef in staat gestel om dít te doen wat God geëer het.
Nadat Josef onregverdig in die tronk gegooi is, het hy weer God se groot seën ervaar. God het aangehou om met Josef in die tronk te wees, net soos hy met hom in Potifar se huishouding was. Josef se omstandighede het geen invloed op die getrouheid van God gehad nie. Selfs in die tronk het God Josef suksesvol gemaak in alles wat hy gedoen het. God het Josef se gehoorsaamheid beloon, al was dit dalk nie onmiddellik nie. Die hernieude seën het God se roeping op sy lewe bevestig.
Josef se voorbeeld verskaf aan gelowiges 'n uitstekende raamwerk van hoe om versoeking te weerstaan. Wanneer ons nie 'n tyd van toetsing beleef nie, moet ons erken dat God 'n unieke roeping op ons lewens as gelowiges in Christus geplaas het. Ons kan versoeking suksesvol weerstaan as ons tyd spandeer het om voor te berei, gegroei in ons geloof en verhouding met God en die oortuiging ontwikkel het dat alle goeie dinge van Hom kom en nie ons eie pogings nie. God is getrou om beproewings en versoekings in ons lewens te gebruik terwyl Hy ons voorberei vir wat Hy beplan het. Alle seën is van Hom afkomstig, en Hy is getrou om die gehoorsaamheid van sy mense op sy perfekte tydsberekening te beloon.
Aangaande hierdie leesplan

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
