Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 19 VAN 43

Lees: Genesis 35; Deuteronomium 30:15–20

SOAP: Deuteronomium 30:15–16

“Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou. As jy die Here jou God liefhet en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.”

Oordenking

Genesis 35 dien as die slot in die verhaal van Jakob. Alhoewel daar nog talle kere na Jakob in die res van Genesis verwys word, skuif die fokus van die verhaal nou na sy kinders. Die skrywer van Genesis het die lewens van Abraham en Isak op soortgelyke wyses afgesluit; nie met hul dood nie, maar met ‘n oorgang na hul seuns as die onderwerp en as erfgenaam van die belofte.

Jakob se lewe was vol sukses en mislukking, seën, dissipline, konflik, oplossing en genade. Jakob was nie ‘n perfekte man, eggenoot, pa, vriend, broer of seun nie. Ten spyte van sy mislukkings en tekortkominge, is hy steeds deur God uitverkies. Deur genade, het God gekies om Jakob bo Esau te seën. Deur genade, het God belowe om by Jakob te wees soos Hy by sy pa en oupa was. Deur genade, het God vir Jakob twaalf seuns en een dogter gegee. Deur genade, het God Jakob se besittings vermeerder. Deur genade, het God Jakob teruggebring na die beloofde land toe. Deur genade, het God Jakob met sy broer versoen. En deur genade, het God aangehou om Jakob se nageslag te seën en by hulle te wees.

Soos ons nadink oor Jakob se lewe, vind ons een sentrale tema: om die dinge van God bo die dinge van die wêreld te kies. God het deurlopend vir Jakob geleenthede gegee om die dinge van God te kies en die begeertes van die vlees en die weë van die wêreld te verwerp. Soms het Jakob wel die dinge van God gekies. Ander kere het hy hom tot sy eie planne en wêreldse weë gewend vir sy redding. Soos Jakob, word ons voortdurend met hierdie keuses gekonfronteer; dit is ‘n daaglikse besluit. Ons kan vandag wegdoen met afgode, vals gode, begeertes van die vlees en om op ons self staat te maak en eerder kies om God te volg, en seën, beskerming en vervulde beloftes in Hom te vind.

Baie jare later, toe Jakob se familie ‘n nasie geword het, het hulle voor dieselfde keuse te staan gekom. Soos hulle die land van Kanaan binnegegaan en ingeneem het, soos God aan generasies tevore belowe het, word hulle weer met hierdie keuse gekonfronteer: lewe en voorspoed deur gehoorsaamheid aan God of dood en vernietiging deur hul eie pad te volg. Ons het elke dag die geleentheid om die dinge van God bo die dinge van die wêreld te kies. En ongeag hoeveel keer ons ongehoorsaamheid gekies het, kan ons steeds terugdraai na die God van belofte, en lewe in Hom kies.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/