Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Lees: Genesis 34; Romeine 12:17–21
SOAP: Romeine 12:19
Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld, sê die Here.
Oordenking
Die gebeure wat in Genesis 34 opgeteken is, is afgryslik en boos. Die gewelddadige verkragting van Dina toon die boosheid en wetteloosheid van die Kanaänitiese volk, 'n volk wat God deur die nageslag van Israel sou vernietig. Die gebrek aan reaksie op die nuus van die misdade teen sy enigste dogter toon, op sy beste, besluiteloosheid en passiwiteit by Jakob, en in die ergste geval, 'n gebrek aan liefde en omgee vir die kinders van Lea.
Toe Jakob nie Dina se aanvaller hanteer soos wat geregtigheid vereis het nie, het haar broers, Simeon en Levi, ingetree. Alhoewel die gevolglike geweld nie reg was nie, was dit 'n reaksie op beide die afgryslike misdaad van Sigem sowel as die passiwiteit van hul pa. Simeon en Levi het verstaan dat Dina se verontreiniging nie geïgnoreer kon word nie. Hulle reaksie het diepe omgee en besorgdheid oor beide haar veiligheid en reputasie getoon, asook hul groot liefde vir haar.
Simeon en Levi het Sigem en Gamor bedrieg, ’n taktiek wat hulle ongetwyfeld by hulle pa geleer het. Hulle het wraak teen Sigem beplan, maar daar is geen rekord dat hulle God se leiding of hulp gesoek het nie; nog 'n gedrag wat baie keer deur Jakob gemodelleer is. Terwyl hulle begeerte na geregtigheid goed was, was hulle metodes van wraak nie die weë van God nie.
Die kwaad wat Dina aangedoen is, was onverskoonbaar. Jakob se onbetrokkenheid het gelei tot dade van wraak deur haar broers. Terwyl hulle begeerte na geregtigheid godvrugtig was, was hulle metodes van wraak wêrelds. Indien die broers in geloof gereageer het, sou hulle God gesoek het vir leiding oor hoe om regverdig met Sigem te handel, want Hy is 'n God van geregtigheid (lees Deuteronomium 22:25–28). Hy belowe om die goddeloses vir hulle misdade te vergeld, en sal volle uitlating aan sy toorn gee wanneer ons op sy wraak vertrou.
Hierdie is nie 'n maklike vertelling om te bestudeer nie, en dit kan ons kwaad of verward laat voel. God het belowe om Jakob se familie te beskerm en te verlos — dit het geregtigheid vir Dina ingesluit. Wanneer ons onreg in die gesig staar, kan ons vol vertroue wees dat God namens ons sal optree. Hy belowe dat Hy die goddeloses sal vergeld vir wat hulle gedoen het. Sy geregtigheid word nooit misplaas nie, nooit verkeerd toegepas nie. Hy veg altyd vir sy kinders. Ongelukkig kon ons nie sien hoe God sonde volgens sy volmaakte wysheid in hierdie gebeure hanteer nie, want Dina se broers het op hul woedende wraak staatgemaak. Mag ons, aan die ander kant, genoeg geloof hê om te wag vir God se perfekte tydsberekening en metode om geregtigheid namens ons te laat geskied.
Aangaande hierdie leesplan

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
