Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld
Lees: Genesis 33: 2 Korintiërs 5:16–21
SOAP: 2 Korintiërs 5:18–19
Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
Oordenking
Toe Jakob sy reis terug na die land van sy vaders begin het, het dit gelyk of hy wegbeweeg het van sy lewe van bedrog en kullery. Hy is gedurende die nag by Pniël met God versoen toe hy geseën is en 'n nuwe naam gekry het. Jakob het niks gedoen om hierdie genade te verdien nie.
Jakob en Esau het herenig, maar hulle het elkeen hul versoening op 'n heel ander manier ervaar. Esau het Jakob as 'n broer gegroet. Esau het besef hoe hy ook geseën is en hy het nie Jakob se gawe nodig gehad nie. Hy het aangebied om Jakob se gesin en besittings te beskerm en het goedhartigheid en liefde aan sy broer bewys. Daarteenoor het Jakob Esau as 'n dienskneg gegroet. Jakob het hom aan Esau onderwerp en geskenke aangebied as vergoeding vir sy vorige onreg. God het sy volgehoue beskerming aan Jakob getoon deur sy versoening met Esau.
God se werk was duidelik gedurende Jakob se reis huis toe. Die versoening tussen Jakob en Esau was 'n ongelooflike daad van genade. God het Esau se hart en gesindheid teenoor die broer wat hom verontreg het, verander. En God het in beide broers gewerk om hierdie versoening te bewerkstellig. Esau het nie meer wraak gesoek nie, maar sy broer omhels, en Jakob se trots en 'n gevoel van aanspraak het in nederigheid en vrygewigheid verander. Hierdie versoening was 'n gawe van God en Hy alleen het dit bewerkstellig.
Ons het ook versoening nodig. As gevolg van sonde, moet ons met God versoen word, maar tog is daar niks wat ons kan doen om dit te bewerkstellig nie. Dit is God, deur sy ongelooflike genade, wat ons met Homself versoen. Ons word met God versoen wanneer ons ons geloof in sy Seun plaas. En as gevolg van sy gawe van versoening kan ons ook met ander versoen word. Om te kies om in vrede met ander te leef, is een van die maniere waarop ons die dinge van God kies. Hy het vir ons 'n groot boodskap van vergifnis en versoening aan die wêreld gegee. Dit is nie 'n normale, menslike reaksie op konflik nie, maar tog, deur die bediening van Christus, kan ons met ander versoen word, deur op God alleen te vertrou om die werk van verlossing te doen selfs in die mees gebroke verhoudinge.
Aangaande hierdie leesplan
"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/