Oorkom VerslawingVoorbeeld

Overcoming Addiction

DAG 7 VAN 7

Vryheid Van Ons Verslawings

Het jy al ooit gewonder wat dit verg om verslawing suksesvol te beveg?

In die verhaal van Les Miserables word Jean Valjean deurentyd deur sy aartsvyand, Javert, agtervolg en gepla. Deur sameloop van omstandighede, naby aan die einde van die vertoning (of fliek), gee iemand aan Valjean 'n mes en kry hy uiteindelik 'n kans om wraak te neem. Javert sê: "Jy smag jou hele lewe lank hierna. Neem jou wraak met 'n mes." Tot almal se verbasing sny Valjean egter deur die toue wat vir Javert vashou en laat hom vry.

Vryheid is 'n lewenskragtige toestand, en dit is presies wat ons nodig het van ons verslawings. Jesus moes uiteindelik met sy bloed betaal vir ons vryheid. Hier volg 'n paar maniere waarop ons dit kan gebruik in ons geveg teen verslawings.

Eerstens moet ons leer om ons spanning beter te hanteer. As ons spanning verminder, word die drang na verslawing verswak. Een manier om dit reg te kry, is om gebeurlikhede in perspektief te plaas. God is in beheer en Hy het jou lief. Dit beteken dat God 'n plan en 'n doel vir jou het, selfs wanneer die lewe moeilik voel.

Tweedens moet ons bewus wees van ons emosies. Ons gevoelens kan ons na afbrekende gewoontes lei as ons toelaat dat dit ons gedrag voorskryf. Emosies is soos 'n waarskuwingsisteem wat ons vertel dat iets dalk nie reg is nie. Solank ons ons emosies na God toe bring, sal ons nie die drang hê om ons na verslawings te wend om ons emosies te kalmeer nie.

Derdens moet ons erken dat verslawings 'n invloed op ons hele lewe het. Dit rig nie net geestelike skade aan nie, maar ook verhoudingsgewys, finansieel en professioneel. Verslawing is moeilik om te oorkom, maar om voort te gaan met 'n verslawing vra nog meer energie en sal ons lewe voortdurend negatief beïnvloed. Vertrou God se plan vir jou lewe.

Vierdens, en heel belangrikste, moet jy jou verslawing en sonde so gou as moontlik voor God bely. Belydenis haal die angel, mag en geheimhouding uit 'n verslawing uit. Om uit te reik na iemand wat jou kan help in hierdie stryd is een van die kragtigste wapens wat tot jou beskikking is.

As jy sukkel om 'n verslawing te identifiseer of daarmee op te hou, vra die mense naaste aan jou of kry professionele hulp en leiding. In die geval van afhanklikheid aan dwelmmiddels mag dit nodig wees om 'n mediese fasiliteit te besoek. Skakel gerus Narcotics Anonymous South Africa (0861 00 6962) of besoek hul webwerf https://na.org.za vir hulp en bystand.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Addiction

Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.

More

Ons bedank graag vir OneHope (http://onehope.net/) en Dr. Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Network, vir die beskikbaar stelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting is jy welkom om http://lighthousenetwork.org/ te besoek. As jy of 'n geliefde sukkel met 'n verslawing of as jy enige vrae het, skakel gerus die Lighthouse Network 24/7 hulplyn by 844-Life-Change (844-543-3242).