Oorkom VerslawingVoorbeeld

Overcoming Addiction

DAG 2 VAN 7

Wat is 'n Verslawing?

Ons weet almal dat verslawing dodelik kan wees. Het jy egter geweet dat sterftes as gevolg van verslawing meer is as dié van hartsiekte en kanker? Sekere algemene sterftes wat volg op verslawing is vir ons meer opvallend as ander — soos heroïen, dronkbestuur, tabak en alkohol gebruik, terwyl ons van die ander minder voor die hand liggende verslawings soos kos — wat kan lei tot obesiteit, suikersiekte, hartsiekte, en beroerte — maklik miskyk.

Verslawing beïnvloed ons nie net liggaamlik nie, maar ook sielkundig en geestelik. Kom ons bestee 'n bietjie tyd om die sluier oor verslawings te lig om ons liggaam, verstand en gees te red.

Verslawings val in twee hoof kategorieë:

  1. Verslawing aan middels — hierdie behels chemiese middels. Algemene voorbeelde sluit in alkohol, kaffeïen, dagga, kokaïen, heroïen, en voorskrif medikasie.
  2. Prosesverslawing — dit behels ons gedrag. Algemene prosesverslawing sluit in dobbelary, pornografie, oormatige inkopies en oefening.

Die mediese diagnose van verslawing lys hierdie 11 simptome:

  • Versuim van belangrike pligte by die skool, huis of werk
  • Om ten spyte van liggaamlike skade, steeds voort te gaan
  • Gereelde smagting of 'n sterk begeerte om die middel te gebruik of aan die gedrag toe te gee
  • Gereelde sosiale- of verhoudingsprobleme
  • Benodig al hoe meer om dieselfde effek te verkry
  • Onttrekkingsimptome
  • Gebruik groter hoeveelhede of bestee meer tyd aan die middel of gedrag as voorgeneem
  • Onsuksesvolle pogings om te stop
  • Beduidende hoeveelheid tyd, energie en denke rakende die middel of gedrag
  • Bestee meer tyd aan die middel of gedrag as aan sosiale interaksie, werk- of prettige aktiwiteite
  • Voortgesette gebruik ten spyte van baie skadelike gevolge

Sien jy enige van die bogenoemde simptome in jouself of 'n vriend?

0-1: Geen probleem

2-3: Gering

4-5: Matig

>6: Ernstig

Eenvoudig gestel, verslawing is wanneer iets jou op een of ander manier benadeel en jy nie kan ophou om dit te doen nie. Verslawing beheer en benadeel jou. Niemand begin 'n skadelike middel gebruik, of leer 'n skadelike gewoonte aan, in die hoop dat dit beheer oor hulle sal neem nie. Tog laat ons so dikwels toe dat presies dit gebeur. Kyk goed na jouself vir 'n oomblik. Watter middel of gedrag in jou lewe, as dit weggeneem sou word, sal die lewe vir jou stresvol maak? Sal God nog steeds vir jou genoeg wees?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Addiction

Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.

More

Ons bedank graag vir OneHope (http://onehope.net/) en Dr. Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Network, vir die beskikbaar stelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting is jy welkom om http://lighthousenetwork.org/ te besoek. As jy of 'n geliefde sukkel met 'n verslawing of as jy enige vrae het, skakel gerus die Lighthouse Network 24/7 hulplyn by 844-Life-Change (844-543-3242).