Oorkom VerslawingVoorbeeld
Verslawing in die Oomblik
Jy stap in jou dokter se spreekkamer in, vul vorms in, gaan sit en wag. Wat doen jy om die tyd te verwyl? Of miskien stap jy in by 'n geselligheid waar jy niemand ken nie. Waarna reik jy uit vir vertroosting? Jy is by 'n rooi verkeerslig. Waarna staar jy totdat die lig na groen oorslaan?
Hoeveel van hierdie vrae het jy geantwoord met "my foon"? Heel waarskynlik sal ons almal saamstem dat ons in 'n kultuur verval het van verslawing aan selfone. Wat as ons fone egter iets ernstiger was, soos 'n lewensgevaarlike dwelm
Baie mense ervaar 'n drang soos hierdie — of baie sterker — na iets wat baie meer skadelik is as 'n selfoon. Dalk het jy ook al gewonder waarom verslaafdes dieselfde skadelike dinge oor en oor herhaal.
'n Verslawing bestaan uit vier hoofdele. Om dit te verstaan, maak dit makliker om ons verslawende gewoontes te identifiseer en reg te stel.
- Sneller — die situasie wat stres of ongemak uitlok
- Rol — die verslawing se belofte van ontsnapping, verligting of uitwissing van daardie ongemak
- Objek — die middel, gedrag, gevoel of ingesteldheid waarna ons draai in plaas van na God om ons behoeftes op daardie oomblik te bevredig
- Doelwit — gemak, want ons hou nie daarvan om druk, spanning of pyn te ervaar nie
Het jy jouself al ooit in 'n situasie bevind waar jy buite beheer gevoel het? Wat was die sneller vir jou emosies op daardie oomblik? Waarna het jy jou gewend vir verligting of om jou te help om beheer te verkry? Wat het vir jou vertroosting te midde van al jou pyn en bekommernis gebring? Watter tipe dinge het jy nagejaag om vertroosting in jou eie lewe te bring?
Ons is almal verslaaf aan gemak en ons werk almal daaraan om dinge te vind wat ons pyn sal stilmaak en aan ons vrede gee. Ons gradeer dikwels verslawings van die heel ergste tot die "nie so erg" nie. God sien hulle egter almal dieselfde — as foutiewe oplossings vir iets wat ons eintlik net in Hom kan kry. Die vrede waarna ons soek, voorsien Hy net in Jesus.
Aangaande hierdie leesplan
Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.
More