Oorkom VerslawingVoorbeeld
Om Jou Eie Verslawing te Identifiseer
Dalk vra jy jouself: Wat moet my volgende stap wees?
Verslawing kom met beide goeie en slegte nuus. Verward? Lees verder.
Die slegte nuus is dat ons almal aan iets verslaaf is. Ja, almal is aan iets verslaaf. Almal smag daarna om 'n leë ruimte te vul wat slegs deur God gevul kan word. As dit aan ons en ons eie pogings oorgelaat was, sou ons almal 'n gevoel van leegheid en behoefte ervaar het. Die slegte nuus in 'n neutedop? Dit is vir jou onmoontlik om op jou eie volkome vrede en vervulling te vind.
Ten spyte van die slegte nuus, is die goeie nuus baie goed! God het aan ons Jesus Christus gegee. Deur Christus het God die houvas van al ons verslawings verswak. Wanneer ons besef wat Jesus vir ons gedoen het, verloor ons verslawings geleidelik hul krag met die hulp van die Heilige Gees. Die eerste stap in hierdie proses is om ons eie verslawings te herken.
Hier volg 'n paar vrae om jou te help om patrone van verslawing uit te ken:
- Watter situasies maak my ongemaklik?
- Dit is die stimulus wat gevoelens van ongemak en spanning ontlok. Hierdie omstandighede lei daartoe dat ons onsself na ons verslawings wend om beter te voel.
- Watter emosies of gevoelens maak my die meeste ongemaklik?
- Die rol van jou verslawing en die objek van jou verslawing sal wees om hierdie ongemak te kalmeer. Ons het elkeen sekere gevoelens wat ons bang maak of ons blootgestel laat voel aan meer potensiële seer. Ons wil dit kalmeer en so gou as moontlik onmiddellike verligting kry. Ons objek van verslawing is ons kits oplossing.
- Watter verkeerde besluite sou ek graag ongedaan wou maak?
- Hierdie is ons objekte van verslawing. Dit kan gebruik van dwelmmiddels wees, woede uitbarstings, skinder, leuens vertel, om ander mense ten alle koste gelukkig te probeer hou, pornografie, seks, eensaamheid, werk, dominerende gedrag, gesproke manipulasie, dobbel, oefen, eet en soveel meer insluit.
- Hoe sou 'n goddelike perspektief van hierdie situasie daaruitsien, of wat sou God sê om my te help?
- Dit help ons om terug te treë en die situasie te evalueer met die wete dat God in beheer is, ons liefhet en 'n liefdevolle doel vir die omstandigheid in ons lewe het. Hy sal ook aan ons vrede voorsien, kalmerende verligting van ons kommer en beheer oor versoeking gee.
Om sigbare objekte van verslawing uit te ken, is maklik. Dit kan egter heelwat moeiliker wees om objekte van gedragsverslawing te ontdek. Deur middel van doelbewuste selfondersoek sal hierdie wenke jou help om God se liefdevolle doel te sien en om toegang tot sy volmaakte genesing vir jou lewe te verkry.
Aangaande hierdie leesplan
Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.
More