Oorkom VerslawingVoorbeeld

Overcoming Addiction

DAG 4 VAN 7

Hoe Raak Iemand Verslaaf?

Het jy ooit "Sharknado" gesien — die eerste, tweede of albei? Ons wy 'n hele week aan haaie, wat aan die Discovery TV kanaal die hoogste graderingstatus van die jaar besorg. Ons kultuur is mal oor 'n goeie haai storie. Wat ons die meeste vasgenael hou voor daardie rolprente en TV programme is om onder die see oppervlak af te gaan en die haaie in die komplekse wêreld van die diepsee dop te hou.

In vele opsigte moet ons dieselfde doen om verslawings behoorlik te verstaan — ons moet onder die oppervlak gaan kyk om die komplekse wêreld van verslawing beter te verstaan. Baie mense glo dat verslawings oppervlakkig is, maar, soos ons reeds bespreek het, lê die wortels daarvan veel dieper. Verslawing beteken dat ons enigiets anders as God najaag of aanbid om in ons behoeftes te voorsien.

Wat behels daardie behoeftes? Behoeftes ontstaan gewoonlik as gevolg van "stressors". 'n Stressor is enige gebeurtenis, persoon, situasie, gedagte of gevoel wat jou uit jou gemaksone neem.

Sommige stressors kan positief wees — om 'n nuwe skooljaar, sport, verhouding of stokperdjie aan te pak. Hierdie veranderinge is goed, maar daarmee saam kom nuwe druk en verwagtinge.

Sommige stressors kan negatief wees — angstigheid, hartseer, depressie, groepsdruk of onsekerheid. Hierdie gevoelens kan ontstaan as gevolg van verskeie omstandighede. Dalk kom jy nie oor die weg met jou ouers of broers en susters nie. Dalk het jy sleg gedoen in 'n toets of dalk is die verhouding met jou meisie of kêrel so pas beëindig.

Hierdie slegte stressors kan soms vir 'n tyd aanhou en selfs verdiep. Dit lei dikwels tot verwarring, doelloosheid, verlore identiteit of onsekerheid oor God.

Ons is as die beeld van God geskape. Daarom moet ons ons stressors hanteer soos wat God, ons Ontwerper, ons geskape het om dit te doen, eerder as om toe te laat dat ons stressors ons na verslawing toe lei. God het ons só geskape dat ons slegs in Hom ons ware geluk en verligting kan vind. Al ons ander oplossings is tydelik en dikwels eindig ons in 'n erger toestand as voordat ons begin het.

As ons tydelike oplossings najaag in plaas daarvan om ons stressors na God te neem, sal ons afgode en verslawings kweek. Uiteindelik het God tog die beste oplossing verskaf vir al ons pyn — die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Addiction

Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.

More

Ons bedank graag vir OneHope (http://onehope.net/) en Dr. Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Network, vir die beskikbaar stelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting is jy welkom om http://lighthousenetwork.org/ te besoek. As jy of 'n geliefde sukkel met 'n verslawing of as jy enige vrae het, skakel gerus die Lighthouse Network 24/7 hulplyn by 844-Life-Change (844-543-3242).