Oorkom VerslawingVoorbeeld
Is Verslawing 'n Sonde, Siekte of Sielkundige gebrek?
In die klassieke fliekreeks Ice Age, ontmoet ons 'n snaakse eekhoring genaamd Scrat. Regdeur die flieks kan gesien word hoe hy 'n akker najaag wat hy nooit kan kry nie. Baie mense sal grappenderwys vir Scrat as obsessief of 'n akker-verslaafde beskryf. Dalk is jou ouers verslaaf aan koffie soos wat Scrat aan daardie akker verslaaf is. Ons spot dikwels met verslawings, maar dit kan eintlik baie ernstig wees.
Verslawing beïnvloed ons gees, denke en liggaam.
- Geestelike effek — 'n Verslaafde vervang eindelik vir God as die middelpunt van sy of haar bestaan met iets of iemand anders.
- Effek op Denke — Herhaalde gewoontes van swak besluitneming maak hul verslawing sterker en ontwrig hul denke.
- Liggaamlike effek — Nagevolge van swak besluite veroorsaak spanning en angstigheid. SPECT- en MRB-skanderings bewys hoe dit ons brein se werking ontwrig en herbedraad.
'n Beter manier om te verstaan hoe hierdie drie dinge inmekaar skakel is om aan 'n rekenaar te dink.
- Ons brein is soos die hardeware — die skerm, muis, hardeskyf, bedrading, ens.
- Ons denke is soos die bedryfstelsel — dit neem besluite en vertel die hardeware hoe om inligting te verwerk en uit te voer.
- Ons gees verbind ons aan God op dieselfde manier wat die eienaar van die rekenaar besluit of hy die ontwerper se instruksies of plan gaan volg of nie.
God is soos die ontwerper en vervaardiger van die rekenaar. Die rekenaar werk die beste as die hardeware behoorlik werk en ons bedryfstelsel opgedateer word. Dieselfde geld vir selfone. Kan jy jou voorstel wat sou gebeur as jy 'n iPhone op 'n Android bedryfstelsel probeer gebruik? Dit sal eenvoudig nie werk nie! Waarom nie? Omdat die hele toestel bedoel is om op 'n sekere manier te funksioneer. Ons lewens werk die beste wanneer denke, liggaam en gees almal binne God se plan en ontwerp werk. Om gereeld iets anders as God te kies is 'n fout in gees en liggaam en is sonde. Dit word 'n verslawing wanneer dit 'n gereelde gewoonte word.
Aangaande hierdie leesplan
Het jyself 'n verslawing of ken jy dalk iemand wat een mag hê? Verslawings is so algemeen dat almal van ons in der waarheid minstens een of twee het. In hierdie reeks gebruik Dr Karl Benzio, 'n Christen psigiater, die wetenskap van sielkunde oor hoe God ons brein ontwerp het en lê daardeur die oorsaak en simptome van verslawing uit. Dan wys hy ons hoe om die metodes toe te pas wat God vir ons in die Bybel openbaar ten einde genesing te verkry en sodoende ons gedagtes te vernuwe en bevry te word van die verslawende afgode wat ons hart gevange hou.
More