Leesplan inligting

Verlos!Voorbeeld

Verlos!

DAG 6 VAN 7

Toegerus om ’n wag te wees

Al die dissipels, behalwe Johannes, het as martelaars gesterf. Hulle sê dat Tomas, asook Jakobus, die broer van Jesus, onthoof is. Paulus is ook onthoof. Petrus is gekruisig. Hy het gevra om onderstebo gekruisig te word, want hy het homself nie waardig geag om op dieselfde manier as Jesus te sterf nie. Hoekom – wat het hulle verkeerd gedoen? Hulle was nie diewe of moordenaars nie. Nee, hulle was wagte! Getroue wagte vir die “huis van Israel”. Hulle was toegewyd aan die taak om die waarheid van God se Woord met hulle wêreld te deel – selfs al het dit die dood beteken.

Dit was egter nie altyd so nie. Nadat Jesus op Golgota gekruisig is, het hulle uitmekaar gegaan. Party het weggehardloop of, soos Petrus, Jesus verloën. Slegs Johannes het aan die voet van die kruis gebly, getrou aan Jesus tot aan die einde. Wat het hulle laat verander? Die krag van die Heilige Gees het hulle verander. Jesus het vir hulle die Heilige Gees belowe. “Die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal jul herinner aan alles wat Ek oor julle gesê het” (Johannes 14:26). “En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het” (Handelinge 1:4).

Ons het ook nodig om deur die Heilige Gees gevul te word. Dit is die Heilige Gees wat jou lei. Hy sal jou rig en jou help om God se Woord te verstaan. Hy sal jou die wysheid gee om die regte en die beste ding vir jou gesin te doen. Hy sal jou die moed gee om by jou oortuigings te hou. Dit is Hy wat jou die regte woorde sal gee wanneer jy die “basuin blaas” vir die waarheid.

My Vader, daar is tye dat ek so ontoereikend voel vir die taak om u wag te wees. Ek bid dat U my met u Heilige Gees sal vul. Kom oor my soos U oor die dissipels gekom het in die boonste vertrek. Ek bid dat U my met die krag van u Heilige Gees sal vul sodat ek U werk getrou kan doen. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Verlos!

Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. En ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind. Angus Buchan sê dat ons werklik moet besef wat Jesus vir ons op Golgota bekom het, en ons moet Hom elke dag da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid