Leesplan inligting

Verlos!Voorbeeld

Verlos!

DAG 2 VAN 7

Jesus het vir ons gely

Toe Jesus na die aarde toe gekom het, was sy opdrag om te ly en te sterf vir ons sonde. Dit was sy roeping, en dit het in Betlehem begin en aan die kruis op Golgota geëindig. Jesus het nooit teruggedeins van sy roeping nie. Hy het wel bloed gesweet en geworstel daarmee, maar Hy het nooit afgewyk van die weg wat die Vader vir Hom daargestel het nie. Jesus is ons voorbeeld van lyding, net soos in alle ander fasette van die lewe.

Jesus het nooit ’n tuiste gehad nie. Hy het gesê: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie” (Matteus 8:20). Hy was skaars gebore, toe probeer Herodes Hom doodmaak. Josef en Maria moes na Egipte toe vlug ter wille van Jesus se veiligheid (Matteus 2:13-18). Hy is keer op keer uitgelag, ook in sy tuisdorp, Nasaret (Lukas 4:24, 28-29).

Hy het gely, Hy is misverstaan en Hy is wanvoorgestel. Hoekom? Hy het geregtigheid verteenwoordig. Sy grootste stryd was in die tuin van Getsemane toe Hy tot sy Vader gebid het: “My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied” (Matteus 26:42). Daar was geen verligting vir Jesus nie. Hy moes na Golgota gaan sodat ek en jy vandag verlossing kan geniet. Jesus het die prys betaal sodat ons kan verstaan wanneer Hy vir ons sê: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5). Jy weet dat Jesus by jou is ten spyte van wat jy vandag moet verduur.

My Vader, ek kom vandag na U toe in die kosbare Naam van Jesus, my Verlosser. Ek dank U, Jesus, dat U gewillig was om vir my te ly en te sterf. Vader, dit is ter wille van Jesus se offer dat ek voor U kan buig vandag. Vader, ek dank U vir my verlossing. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Verlos!

Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. En ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind. Angus Buchan sê dat ons werklik moet besef wat Jesus vir ons op Golgota bekom het, en ons moet Hom elke dag da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid