Leesplan inligting

Verlos!Voorbeeld

Verlos!

DAG 1 VAN 7

’n Seun word gegee

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Is jou hart vandag vol dankbaarheid? Het jy ’n oomblik stilgestaan om God te dank dat Hy sy Seun na die wêreld gestuur het om vir jou te sterf? As Hy dit nie gedoen het nie, sou jy jouself nie ’n kind van God kon noem nie. Jesus se geboorte het die proses begin wat gelei het na Golgota, die leë graf, die hemelvaart, Jesus wat sit aan die regterhand van die Vader, en uiteindelik sy wederkoms.

Kolossense sê vir ons hoekom Jesus gebore is: “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (Kolossense 1:13-14).

As jy nie vir Jesus as jou persoonlike Verlosser ken nie, moenie nog ’n oomblik, of nog ’n jaar, talm nie. Doen dit nou! Leer Hom ken. Terwyl jy nou hier lees, het God se Gees reeds in jou begin beweeg. Vandag is jou dag van redding – gryp dit aan! Johannes 3:17 sê vir ons: “God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” Lees Johannes 3:1-21 en juig: “’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee.” Kniel vandag aan die voete van jou Verlosser en dank Hom vir sy kosbare, wonderlike gawe. Gee Hom jou hart en vertrou jou lewe aan Hom toe.

My Vader, ek loof U. Ek dank U dat U Jesus Christus, u Seun, gestuur het om my te red. Jesus, ek aanbid U vandag – Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verlos!

Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. En ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind. Angus Buchan sê dat ons werklik moet besef wat Jesus vir ons op Golgota bekom het, en ons moet Hom elke dag da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid