Leesplan inligting

Verlos!Voorbeeld

Verlos!

DAG 3 VAN 7

Jou sondes is vergewe

Kan enigiets meer bevrydend wees as die woorde: “Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe. Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe” (vers 2, 6). Het jy al agtergekom hoeveel keer Jesus die woorde “jou sondes is vergewe” gebruik het wanneer Hy mense gesond gemaak het? Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. As ons Jesus ken, ken ons die waarheid. Hy sê vir ons in Johannes 8:32: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind.

Jesus het die mens as geheel gesien, nie net sekere aspekte nie. Hy het die mens in sy totaliteit bedien – liggaam, siel en gees. Daarom sê Hy vir ons in Markus 12:30: “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag.” God is geïnteresseerd in jou hele menswees. Jesus het nie aarde toe gekom om net ons siele te red nie, maar ons na liggaam, siel en gees van sonde te verlos. Jy is ’n nuwe skepsel in Hom. Sy verlossing en hernuwing is werkend oral in jou lewe. Ek hou daarvan om die gebed van geloof vir dié wat siek is, te bid. Ek glo God wil hê dat ons Hom vir gesondheid en heelheid moet vertrou.

Soveel Christene is tevrede met minder as wat Jesus vir ons op Golgota bekom het. Ek glo dat ons God kan vertrou om ons te bewaar en te beskerm totdat ons werk hier op aarde voltooi is. Tot op daardie dag kan jy sy genesing en heelheid, wat al die vlakke van jou lewe dek, ervaar. Moenie toelaat dat jy hier te kort gedoen word nie. Die godsdienstige leiers van Jesus se tyd het aanstoot geneem toe Hy vir mense gesê het: “Jou sondes is vergewe.” Ook toe Hy siekes gesond gemaak het, en mense uit hulle sonde-slawerny bevry het. Dit het Hom egter nie gekeer nie. Leef jy vandag in vryheid?

My Vader, ek loof U vandag vir my verlossing. Dankie dat ek vergewe is. Ek is verlos na liggaam, siel en gees. Ek is ’n nuwe skepsel in Jesus Christus. Ek dank U dat ek elke dag van my lewe in hierdie vryheid kan wandel en leef. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Verlos!

Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. En ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind. Angus Buchan sê dat ons werklik moet besef wat Jesus vir ons op Golgota bekom het, en ons moet Hom elke dag da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid