Leesplan inligting

Verlos!Voorbeeld

Verlos!

DAG 5 VAN 7

Om in die Here te roem

In 2 Korintiërs 12 lees ons van Paulus se siening oor die doring in sy vlees. Hy maak die volgende stelling in vers 5 en 6: “Oor so ’n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede. Want as ek sou wil roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie. Paulus sê in Galasiërs 6:14: “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van ons Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.”

Dit is die kern van die saak, nie waar nie? Ons het niks anders om op te roem behalwe op die kruis van Jesus Christus nie. Dit maak nie saak hoeveel grade ons het, hoeveel geld of waar ons woon nie – hierdie dinge kan ons nie saam met ons vat nie, want dit het geen ewigheidswaarde nie. Dit is dinge wat gebruik kan word in diens van God en om Hom te verheerlik. Ons moet dit bloot as middele tot ’n doel sien – dit mag nie definieer wie ons is nie. Die enigste ding wat ons kan definieer, is ons verhouding met Jesus Christus. “Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie” (Psalm 40:5).

“Ons roem dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle” (2 Korintiërs 1:12). God deel nie sy heerlikheid met ander nie. “Elke hoogmoedige hart is vir die Here ’n gruwel” (Spreuke 16:5). Vertrou jouself aan Hom toe en verbind jou om in nederigheid voor Hom te wandel.

My Vader, ek kom na U toe en ek buig voor u troon. Ek sal in niks anders roem behalwe in die kruis van Jesus Christus, my Here en Verlosser nie. Ek gee U die eer, Here. Help my om in nederigheid te wandel. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verlos!

Jesus het geweet dat vergifnis van sonde mense waarlik vrymaak. En ons kan vergifnis alleenlik in Jesus vind. Angus Buchan sê dat ons werklik moet besef wat Jesus vir ons op Golgota bekom het, en ons moet Hom elke dag da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid