Hiervoor geskep: 'n Studie oor Identiteit, Inpas en DoelVoorbeeld

Made for This: A Study on Identity, Belonging, and Purpose

DAG 4 VAN 15

Wie Is Jy?

Deur Danny Saavedra, Dominee

“As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” — Johannes 8:31-32.

Oor die laaste paar dae het ons geleer dat net God vir ons ons identiteit kan gee en hoekom dit die geval is. Ons het ook geleer wat gebeur wanneer ons Christus ontvang en ons oë oopgemaak word. Vandag gaan ek die Godgegewe identiteit met jou deel wat jy ontvang wanneer jy Jesus aanneem.

  • 1 Johannes 1:9 sê ons is vergewe en rein.
  • 1 Petrus 2:9 sê ons is uitverkies, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige nasie en 'n volk vir sy eie besitting.
  • Deuteronomium 14:2 sê ons is sy kosbare besitting.
  • Efesiërs 2:10 noem ons sy meesterstuk.
  • 2 Korintiërs 5:21 sê ons is regverdig.
  • Jesaja 43:4 noem ons kosbaar.
  • Matteus 5:13-16 sê ons is sout, lig en 'n stad op 'n heuwel.
  • Johannes 3:16 sê ons is geliefd.
  • Johannes 8:36 sê ons is vry.
  • Johannes 15:5 sê ons is sy familie.
  • Johannes 15:15 sê ons is sy vriende.
  • Romeine 3:24 sê ons is geregverdig.
  • Romeine 8:17 sê ons is erfgename en mede-erfgename saam met Christus!
  • Romeine 8:37 sê ons is meer as oorwinnaars.
  • 1 Korintiërs 3:16 sê vir ons dat ons God se tempel is.
  • 2 Korintiërs 1:22 sê vir ons dat ons veilig is.
  • 2 Korintiërs 5:17 sê ons is 'n nuwe skepping.
  • 2 Korintiërs 5:20 sê ons is God se ambassadeurs.
  • Efesiërs 1 sê ons is geseënd, uitverkies, aangeneem, verlos, oorvloedig in genade, word onvoorwaardelik liefgehê, is aanvaar en onberispelik.
  • Filippense 3:20 sê vir ons dat ons burgers van die hemel is.
  • Johannes 1:12 en Galasiërs 3:26 sê ons is kinders van God.

Dink net vir 'n oomblik hieroor. Of jy dit 'n miljard keer gelees het of dit die eerste keer is, neem dit in want in Christus IS DIT JY! Dit is jy op jou beste en jou slegste dag. Hierdie identiteit kan nooit verwyder, aangetas, deurgebring, verlaat, weggeneem of verander word nie.

Dit is wie jy word deur die genade van God deur geloof in Christus! God neem ons van sondaars wat die dood verdien tot burgers van die hemel, van vyande van God tot sy vriende, van kinders van toorn tot kinders en erfgename van God! Die wonderlikste is dat hierdie lys net aan die oppervlak geraak het van die identiteit wat ons in Christus het.

Hoe pas ons dus ons identiteit in Christus in ons lewens toe en laat dit toe om 'n impak te hê op hoe ons leef, hoe ons die wêreld, mense en onsself beskou? Eerstens moet ons onsself verdiep in wie HY is, in sy identiteit, sy karakter, sy geaardheid, sy hart, sy verstand en sy wil. Dit word gedoen deur die bestudering van die Woord en doelbewuste tyd in gebed. Tweedens moet ons doelbewus die valse identiteite, wat die wêreld aan ons gegee het, verwyder terwyl ons leer om dinge deur die lens van die Skrif te sien. Derdens moet ons die leuens bestry en onsself herinner aan wie Christus is, wat Christus gedoen het en wie ons in Christus is (Titus 3:3-8).

Wanneer ons dit doen, sal ons begin sien dat dit 'n invloed het op die manier waarop ons onsself, die mense om ons, ons kerk, ons roeping en die wêreld beskou. Dit sal ons besluitneming met geld, verhoudings en loopbane verander. Dit sal ons prioriteite en gewoontes verander. Ons sal deur die Gees bemagtig en toegerus word om te wandel in vrymoedigheid, vertroue, moed, deernis, vriendelikheid, nederigheid en krag.

Dus, vriende, ek bid dat julle vandag veiliger kan wandel in wie julle as kinders van God is!

Pouse: Hoe wandel ons in ons ware identiteit as diegene wat in Christus nuutgemaak is?

Oefening: Skryf of druk die lys van jou Godgegewe identiteit uit en plaas dit iewers waar jy dit elke dag sal sien. Lees dit, herinner jouself daaraan, en dank God dat dit is wie HY jou deur Christus Jesus gemaak het!

Bid: Vader, wie is ek dat U aan my dink? Wie is ek dat U vir my sorg? Verwyderd van U, van u liefde, van die genade van u Seun Jesus en verwyderd van die gemeenskap met u Heilige Gees, is ek niks. Vader, dankie dat U my u kosbare besitting gemaak het en my as u kind en erfgenaam aangeneem het. Vader, ek bid dat ek meer en meer gelykvormig sal word aan die beeld van u Seun; dat die ou mens sal afneem en dat U sal vermeerder. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Made for This: A Study on Identity, Belonging, and Purpose

Wie is ek? Hoekom is ek hier? Waar pas ek in? Wat is my doel? As jy ooit oor groot vrae soos hierdie nagedink het, is jy nie alleen nie. Diep binne voel ons almal of daar meer aan die lewe is, dat ons vir meer geskep is. In hierdie 15-dag leesplan, sal ons ontdek wie ons geskep is om te wees, waar ons waarlik inpas en ware aanvaarding vind, en vir watter doel God ons geskep het!

More

Ons wil graag Calvary Chapel Ft. Lauderdale bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://Resources.CalvaryFTL.org