Hiervoor geskep: 'n Studie oor Identiteit, Inpas en DoelVoorbeeld

Made for This: A Study on Identity, Belonging, and Purpose

DAG 3 VAN 15

Helder Oë, Nuwe Lense

Deur Danny Saavedra, Dominee

“Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” — 2 Korintiërs 5:17

Google video's van kleuters wat 'n bril kry — hulle is so ontroerend! Ek kan met hierdie video's vereenselwig, aangesien ek kan onthou toe ek 'n bril die eerste keer in die laerskool gekry het. Dit is ongelooflik hoe jou sig kan verander van die sien van die wêreld as 'n wasige deurmekaarspul na alles wat duidelik, skerp en aanskoulik is!

Is dit nie fantasties hoe anders jy die wêreld kan sien en ervaar bloot deur met regte lense te kyk nie? Die Christelike lewe is baie so. Hoe so? Wel, Efesiërs 5:8a vertel ons: “Vroeër was julle die ene duisternis,” en 2 Korintiërs 4:3-4 verduidelik dat die waarheid en skoonheid van die evangelie bedek is “vir dié wat verlore gaan.” Hoekom? Want: "Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.”

Wat beteken dit prakties? Dit beteken diegene wat nie vir Jesus ontvang het nie, loop deur hierdie wêreld sonder om die waarheid, hoop, vrede en vreugde van die Here te ervaar. Hulle leef dag tot dag in 'n mistigheid, sien die wêreld, kultuur, hul omstandighede, en hulleself as 'n wasige deurmekaarspul, maar weet nie van beter nie.

Die waarheid is egter dat: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Korintiërs 5:17). Deel van hierdie nuwe lewe is 'n nuwe visie. Dit laat my dink aan die man in Markus 8:25: “Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien.” Sodra ons oë oop is, wat gebeur volgende? “Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie” 2 Korintiërs 5:16a. Eintlik sal ons ons kan vereenselwig met die geneesde blinde man wat gesê het: “ ... ek was blind, en nou sien ek” (Johannes 9:25)!

Dit beteken dat ons oë deur Christus oopgemaak word vir ons ware identiteit as sy dierbare geliefde kinders; dat ons deur die waas van kulturele leuens, die verdraaiing van die waarheid en die sondige vestings in die wêreld kan sien. Dit beteken dat ons die wêreld, ons lewens, ons missie en onsself deur die lens van Christus kan sien en deur ons te “ ... beklee met die Here Jesus Christus” (Romeine 13:14 AFR53) en stel “ ... julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is” (Kolossense 3:1).

Wanneer ons daagliks vir Jesus aantrek soos ek soggens my bril opsit en: “in Hom gewortel en op Hom gebou” is (Kolossense 2:7a), sal “... God julle verander deur julle denke te vernuwe ... dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is ...” (Romeine 12:2). Nie net dit nie, maar ons sal diegene wie se oë nog verduister is, na die helderheid en wonderlike lig van Christus Jesus kan lei!

Pouse: Hoekom sê die Bybel is die oë van ongelowiges blind en verduister? Hoe verander die duisternis as jy in Christus is, en maak dit ons ​​oë oop?

Oefening: As gelowige moet jy verstaan ​​dat jou visie progressief beter en duideliker word hoe meer jy in jou verhouding met Hom groei en hoe meer jy in jou begrip ​​van die Woord groei. Kort-kort, selfs as gelowiges, moet ons die Woord van God en die leiding van die Heilige Gees gebruik soos mens 'n bril met 'n lensskoonmaker sproei en 'n lap gebruik om enige vlekke van wêreldse denke en sondige versoekings weg te vee. Weereens, dit kan nie gedoen word sonder om in Hom en sy Woord te groei nie. Hierdie maand moedig ek jou dus aan om jou daartoe te verbind om soggens en saans tyd in die Woord en gebed deur te bring — al is dit net 15–20 minute elke keer.

Bid: Vader, dankie dat U die skille van duisternis en dood van my oë verwyder het. Dankie dat U my van my blindheid genees het sodat ek U, die wêreld, myself, die opdrag van die gelowige, u wil en u doelwitte en planne vir my lewe duidelik kan sien. Ek bid dat ek deur u Heilige Gees kan aanhou groei in my visie om gelykvormig te wees aan die beeld van Christus. Ek bid dat ek in die Heilige Gees toegewyd mag wees om daagliks nader aan Christus te kom soos mense 'n bril opsit om beter te sien en ek bid dat alle onsuiwerhede, vuil plekke en vlekke van sonde, die wêreld en van valse leerstellings deur u Heilige Gees van die lense van my geloof afgevee word. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Made for This: A Study on Identity, Belonging, and Purpose

Wie is ek? Hoekom is ek hier? Waar pas ek in? Wat is my doel? As jy ooit oor groot vrae soos hierdie nagedink het, is jy nie alleen nie. Diep binne voel ons almal of daar meer aan die lewe is, dat ons vir meer geskep is. In hierdie 15-dag leesplan, sal ons ontdek wie ons geskep is om te wees, waar ons waarlik inpas en ware aanvaarding vind, en vir watter doel God ons geskep het!

More

Ons wil graag Calvary Chapel Ft. Lauderdale bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://Resources.CalvaryFTL.org