Daaglikse AanbiddingVoorbeeld

Everyday Worship

DAG 6 VAN 6

Daaglikse Aanbidding

Aanvanklik klink Romeine 12:1 bietjie vreemd. Sê die NLV vertaling regtig dat ons ons liggame as lewende offers moet aanbied? Dit klink nogal grillerig, nie waar nie? As mens regtig ernstig daaroor begin nadink, is dit eintlik 'n wonderlike manier om te leef.

Omdat God sy Seun gestuur het om vir jou te sterf — omdat God jou só liefhet — omdat God groot wonders in ons lewens gedoen het — behoort ons natuurlike reaksie daarop te wees om ons alles vir Hom te wil gee.

Hoe lyk 'n lewe dan wat heeltyd vir God aanbid? Dit kan so intens wees soos om daagliks vir 'n uur in stilte na God te luister en met Hom te gesels. Dit kan so eenvoudig wees as om in jou daaglikse wandel in die park, in jou oefensessie by die gimnasium of wanneer jy op die verhoog klim, die Here te dank vir dít wat jy kan doen. Jy besef dit is as gevolg van Hom dat jy hierdie dinge kan doen. Dan wil jy dit so goed as moontlik doen omdat Hy jou dit toegelaat het.

Om God daagliks te aanbid, kan wees om vriende te maak met die kind wat deur almal gespot word, omdat jy weet dat God hom net so liefhet soos alle ander mense. Om God daagliks te aanbid, kan wees om 'n voorbeeld vir jou broers en susters te stel deur te leef soos jy weet die Here van jou verwag.

Die werklikheid is dat die manier waarop ons God aanbid en Hom eerste in ons lewens stel, vir elkeen van ons anders sal wees. Jy moet tyd met God deurbring, bid en vir Hom vra om jou te wys hoe jou daaglikse aanbidding moet lyk. Skenk aandag aan sy leiding en influisteringe en reageer daarop. Leer om God eerste in jou lewe te stel. Dink gedurig aan Hom en gee aandag aan die dinge wat God in jou lewe doen. Raak opgewonde daaroor en deel die opwinding met ander!

Om God daagliks te aanbid, is nie iets wat jy doen nie, dit is 'n lewenswyse.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Worship

Om God te aanbid, is soveel meer as om net liedere in die kerk te sing. Aanbidding behoort te wees hoé ons lewe. In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe dit lyk om God te aanbid in ons daaglikse lewens.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church