Daaglikse AanbiddingVoorbeeld
Aanbidding in die Kerk
Het jy al ooit mense dopgehou wat in die kerk aanbid … soos wanneer daar aanbiddingsliedere gesing word? Hoekom hef sommige mense hul hande op, sluit hulle oë en wieg heen en weer, terwyl ander met hul hande in hulle sakke bly staan? Hoekom sal mense soms erken dat hulle nie van die aanbiddingsdeel van die diens hou nie, omdat hulle nie van sing hou nie?
Soms verlaat mense die kerk en maak opmerkings soos: "... ek het nie vandag van die liedjies gehou nie", of "ek het nie vandag regtig lus gevoel om te aanbid nie", of "die voorsanger of die orkes was nie vandag so goed nie, dit het my afgesit?"
Aanbidding gaan nie oor jou of die orkes of die voorsanger nie en ook nie oor die liedjies nie. Dit gaan daaroor om tyd te maak in ons besige lewens om te reageer op wie God is en wat Hy vir ons doen. Dit gaan oor 'n geestelike reaksie.
Dit mag wees dat jy soms twyfel en nie so seker van alles is nie, of jy mag baie vrae hê. Jy mag selfs kwaad wees vir God omdat sekere goed in jou lewe nie uitgewerk het soos jy dit wou hê nie. Dit beteken nie dat ons dan maar in die kerk kan instap, op 'n stoel neerplons, arms gevou sit met 'n uitdrukking van misnoeë op ons gesigte nie.
Dit is die ideale geleentheid om na die skerm te kyk en deur die woorde van die liedere in gesprek met God te tree. Wanneer jy iets sing waarmee jy nie saamstem nie, praat met Hom daaroor. Vra Hom om vir jou te wys dat Hy wel dit is wat jy besig is om te sing.
Aanbidding is nie altyd om uit volle bors te sing nie. Dit gaan daaroor om in sy teenwoordigheid in te beweeg en aan Hom te gee wat jy het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om God te aanbid, is soveel meer as om net liedere in die kerk te sing. Aanbidding behoort te wees hoé ons lewe. In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe dit lyk om God te aanbid in ons daaglikse lewens.
More