Daaglikse AanbiddingVoorbeeld

Everyday Worship

DAG 2 VAN 6

Ons Almal Aanbid Iets

Kom ons bestudeer vandag 'n interessante vers in Romeine. Die NLV sê Hulle het geruil … Dit is 'n aanduiding dat hulle God eers aanbid het, maar toe besluit het om iets anders te aanbid. Die ander interessante feit is dat "geruil" beteken dat jy nie beide kan hê nie, jy moet iets ruil vir iets anders.

Die feit is dat ons óf God óf iets anders aanbid. Ons kan nie beide aanbid nie. Ons moet die een vir die ander verruil. In wese is aanbidding die manier waarop ons reageer op dit wat vir ons die heel belangrikste is. Daar is nie iets gelykstaande of belangriker as dit nie. Dit waaraan ons die meeste dink, doen of ons aandag en energie bestee, is die ding wat ons aanbid.

Vra jouself af: Wat aanbid jy? Wat plaas jy alles vóór God?

Identifiseer enigiets wat jy aanbid. Daag jouself uit om daardie ding of dinge te plaas waar dit hoort en om God te plaas waar Hy hoort: nommer een in jou lewe! Hy alleen is jou aanbidding waardig.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Worship

Om God te aanbid, is soveel meer as om net liedere in die kerk te sing. Aanbidding behoort te wees hoé ons lewe. In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe dit lyk om God te aanbid in ons daaglikse lewens.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church