Daaglikse AanbiddingVoorbeeld
Wat is Aanbidding?
Aanbidding is ons reaksie op wie God is en wat Hy vir ons gedoen het. Dit is om só bewus van God te wees dat dit onvermydelik is om spontaan uiting daaraan te gee. Soms bestaan aanbidding daaruit om net op God te fokus. Wanneer ons vir 'n oomblik in stilte net aandag aan Hom gee. Wanneer die gewoel van elke dag vir 'n oomblik vervaag en ons al ons liefde en toegeneentheid op Hom uitstort.
Die waarheid is dat God nie een of ander perfekte, ingewikkelde vorm van aanbidding vra wat tot in die fynste besonderhede uitgewerk is nie. As dít is wat jy dink, verstaan jy glad nie waaroor aanbidding gaan nie. God wil hê dat jy Hom opreg moet aanbid.
Ons behoort so ingestel te wees op die Here, dat ons heeltyd bewus sal wees van al die groot dinge en klein goedjies wat Hy in ons lewens doen, sodat ons enigste reaksie sal wees: "Dankie Here, U is so goed vir my." Dit gaan alles oor wie Hy is, wat Hy doen en ons reaksie daarop. Dit gaan nie oor wat ons kan bied nie, ook nie oor hoe goed ons dit kan doen nie. Aanbidding gaan nie oor ons nie, dit gaan alles oor Hom.
Aangaande hierdie leesplan
Om God te aanbid, is soveel meer as om net liedere in die kerk te sing. Aanbidding behoort te wees hoé ons lewe. In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe dit lyk om God te aanbid in ons daaglikse lewens.
More