Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Dawid was 'n gewone man met 'n ongewone hart. Hy het nes ek en jy ook met emosionele uitbarsting gesukkel. Hy het verskeie kere op die rand van die swart put van depressie gestaan en het dus ook geweet hoe om die neerslagtigheid te hanteer. Dawid het gekies om sy siel te beheer en die Here te loof. Die siel is die bron van ons gedagtes, emosies en persoonlikheid. Hierdie sin is 'n definitiewe opdrag. Dawid het in effek gesê: "Siel, maak nie saak hoe goor jy voel nie, jy SAL die Here loof! Persoonlikheid, kom oor jouself en loof die Here! Nou! Emosies, stop jou gekerm en kla en aanbid die Here!"
Lofprysing sal die atmosfeer van jou lewe op 'n manier hervorm soos wat niks anders kan doen nie. Daar is een persoon en slegs een persoon wat jou keer om jou te verbly. Jy kan probeer om die duiwel te beskuldig, maar hy het nie die vermoë om jou hart te verhoed om in lofsang uit te bars nie. Die duiwel het eintlik besef dat hy nie nodig het om jou vermoë stil te maak om te aanbid nie, want hierdie ander persoon het so 'n deeglike werk daarvan gemaak dat die duiwel se vuil planne nie meer nodig is nie. Wie is hierdie kragtige onderdrukker wat tussen jou en aanbidding staan? Jy! Jy doen dit! Jy kies om jou nie te verbly nie wanneer jy toegee aan neerslagtigheid.
Daar is regtig net een rede hoekom 'n Christen, wat lief is vir Jesus, sal kies om nie bly te wees nie. Daar is een rede wat op verskeie maniere verduidelik kan word. Selfsugtigheid. 'n Selfgesentreerde lewe. Selfbewustheid. Kyk uit vir #1! Selfbeskerming. Reg of weg. Die lewe draai om my. Ek is nie lus nie. Ek hoef nie as ek nie wil nie.
Dit is jou keuse. Jy kies vandag om die self te verheerlik of om God te verheerlik. Kies vandag.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com