Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
God het nie opgehou om God te wees omdat jy terneergedruk is nie. God het nie opgehou om ʼn God van goedheid en omgee te wees omdat jy teleurgesteld is of ʼn gebroke hart het nie.
Ons sal almal daarvan hou as alles in ons lewe altyd reg verloop. Dit is lekker om op die bergkruin te wees. Ons sal almal daarvan hou om die vars berglug in te asem en die manjifieke uitsig in te neem. Jy kan dinge vanaf die bergpiek sien wat jy nooit vanaf die vallei sal sien nie. Dinge neem hul regmatige perspektief vanaf die bergpiek aan. Jy is letterlik op die toppunt van die wêreld. Dit is ʼn plek geskik vir ʼn koningin!
Niemand van ons wil eiendom in die vallei van wanhoop en teleurstelling koop nie. Daar is ʼn beperkte uitsig en jy is nie in staat om verby die volgende bos bome te sien nie.
Tog is dit in die vallei waar plante groei en blomme bloei. Daar is geen groei bo-op 'n bergpiek nie. Jy sal slegs rotse en klippe daar kry. Die bergpiek is nie die plek om wortel te skiet nie, dit gebeur in die vallei daar onder. Dit is in die vallei waar die mees uitsonderlike groei in jou lewe sal plaasvind en dit is daar waar die vrug van die Gees in oorvloed sal groei. Kom ek stel dit so: In die vallei waar jou hart gebreek is, sal jy jou grootste oes kry.
God wil hê dat ons beker nie net moet oorloop wanneer die lewe goed en die uitsig asemrowend is nie. Hy wil hê dat ons beker oorloop in die vallei van pyn en in die woestyn van gebrokenheid. God berei vir jou ʼn tafel van seëninge voor wat jou gebroke hart sal herstel en jou honger siel sal voed.
God wil hê dat jy ʼn persoon moet wees wat weet dat teleurstelling nie mag oor jou het nie. God wil hê dat jy ʼn persoon moet wees wat jou in sy teenwoordigheid gedurende tye van gebrokenheid en wanhoop koester. God wil hê dat jy ʼn gelowige moet wees wat nooit blameer nie, maar wat altyd seën. God wil hê dat jy altyd ʼn gelowige moet wees wat vrug in die slegste oomblik van die lewe dra.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com