Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 25 VAN 30

As daar een plek is waar God tuis voel, is dit in jou lofprysinge. God geniet dit wanneer 'n gelowige besluit om te aanbid. Aan die ander kant, wanneer jy kwaad en ontsteld is en jou blaam na die hemel verskuif, is God ongemaklik om in daardie plek te wees. Ons harte is die woonplek van God en ons moet baie versigtig wees oor die tipe atmosfeer wat ons vir die Here skep om in te woon. Ek het al so baie kere in my lewe gesien dat die Here meer in die gesindheid van my hart belangstel as wat hy belangstel om my omstandighede te verander. Omdat my hart elke dag daarna smag om meer soos Hy te wees, moet ek ook meer aandag gee aan wat in my hart aangaan as wat in my omstandighede gebeur. Ons vra God om ons omstandighede te verander, terwyl Hy wil hê ons omstandighede moet ons verander.

As 'n gelowige het jy die keuse om op jou jou pyn en teleurstellings te fokus of om op God te fokus. Party van ons praat meer van ons moeilikheid en pyn as wat ons van die Here praat. Ek kan altyd bepaal waarop iemand kies om te fokus, deur te luister waaroor hulle praat.

As ek nadink oor die mans en vrouens van God in die Bybel wat gekies het om Hom te dien, is daar niemand wat nie teleurstelling moes hanteer nie. Ester was 'n weeskind wat deur haar oom grootgemaak is en tog het God haar gebruik om die Joodse volk te red. Josef was gespot en sy broers het hom as slaaf verkoop, maar tog het hy die tweede in bevel van Egipte geword en sy landsgenote van erge hongersnood gered. Daniël was 'n banneling in 'n vreemde land en in 'n leeukuil gegooi, maar tog het God hom kragtig in Babel gebruik. God is nog nie klaar met jou nie en Hy werk met sy kinders totdat Hy wen! Jou teleurstelling het nie die krag om jou neerslagtig te maak nie, maar mag jou dalk in 'n strategiese posisie plaas om deur God gebruik te word.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com